Luister nou

Ontbinde liggaam van onwettige mynwerker uit myn gehaal

Deur Pretoria FM Nuusspan

14 November 2024

Die ontbinde liggaam van ‘n onwettige mynwerker is by die Stilfontein-myn in Noordwes na die oppervlak gebring.

Vrywilligers het vandag die polisie gehelp om die sogenaamde zama zamas uit die myn te verwyder.

Dit volg nadat daar gister vyf mynwerkers uit dieselfde myn gehaal is.

Volgens berigte is duisende onwettige mynwerkers nog ondergronds by die Stilfontein-myn.

Volgens die vrywilligers oorleef die zama zamas al vir maande ondergronds, en eet tandepasta gemeng met sout en asyn om aan die lewe te bly.

‘n Gemeenskapleier in die omgewing, Thembile Botman, sê die onwettige mynwerkers wil uit die myn kom, maar het nie noodwendig die energie om na die oppervlak te kom nie.

FOTO: CNN

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?

Pretoria FM NEW-LOGO

Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk

Ruaan Pienaar

Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

Ander Nuus Artikels

Stembus
Spesiale stemme in die Wes-Kaap skop met haakplekke af
Fotokrediet: OFM
SANBD soek jou bloed!
Fotokrediet: The Citizen
VF-Plus gaan klag lê oor uitsprake van MK-party LP
Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk

Luister nou