Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Nuwe Nederlandse regering kan rigting vir res van Europa aandui

Nuuskommentaar: 20 Mei 2024

Deur: Jaco Kleynhans

Verlede week, byna ses maande ná die algemene verkiesing in Nederland, het vier partye ’n koalisie-ooreenkoms bereik wat dié land oor die volgende paar jaar in ’n nuwe rigting kan stuur. Die nuwe koalisie-akkoord word reeds as rigtinggewend vir Nederland, en dalk selfs die hele Europa, beskryf.

Op 22 November verlede jaar het Nederlandse kiesers ’n skokgolf deur die Europese politieke elite se binnekring gestuur toe die Partij voor de Vrijheid (PVV) van Geert Wilders ’n reuse-oorwinning behaal het. Alle partye van die ou gevestigde orde het groot steun verloor. Aangesien sowat tweederdes van Nederlandse kiesers vir regse en sentrumregse partye gestem het, was dit duidelik dat ’n meerderheid van kiesers diep ontevrede was met die Nederlandse regering se beleid oor immigrasie, die klimaat, landbou, Europese integrasie en die verhouding tussen die regering en die burgery.

Die nuwe regeringsakkoord tussen die regse PVV van Wilders, die klassiek-liberale VVD, die konserwatiewe BoerBurgerBeweging en die gematig sentrumregse Nieuw Sociaal Contract het verlede week veral opslae gemaak oor die streng nuwe maatreëls oor immigrasie wat voorgestel word. Die partye het ooreengekom dat individue sonder ’n geldige werkspermit, dus onwettige immigrante, gedeporteer moet word. Verder sal baie minder mense voortaan in Nederland toegang tot asiel of vlugtelingstatus kan kry. Gesinshereniging van vlugtelinge met hulle gesinne in die buiteland gaan ook gestaak word. Die getal buitelandse studente, wat tot die verengelsing van Nederlandse universiteite gelei het, gaan ook streng beperk word en daar gaan weer groot klem op Nederlands as voertaal by universiteite geplaas word.

Op die terreine van klimaat en landbou, wat in Europa beleidsgewys hand aan hand loop, wil die vier partye verskeie stappe omkeer wat die uittredende regering geneem het. Dit sluit in dat geen boere voortaan verplig sal word om hulle plase aan die regering te verkoop nie. Boere en landelike gemeenskappe gaan sterker steun van die regering geniet, en streng klimaatsregulasies wat dit vir boere, vissermanne en talle ondernemings in Nederland byna onmoontlik gemaak het om met hulle bedrywighede voort te gaan, gaan ook geskrap word.

Die nuwe regering gaan ook baie strenger teen misdadigers optree, en strenger vonnisse vir ernstige misdade word in die koalisie-ooreenkoms voorgestel.

Vir Geert Wilders en sy PVV-party is hierdie ooreenkoms ’n reuse-deurbraak. Dit is die eerste keer dat die PVV direk deel van ’n regering sal wees. Die party sal waarskynlik verskeie ministers kan aanstel. Verder is dit egter ook vir die PVV, wat byna 25 jaar lank die grootste of tweede grootste opposisieparty in Nederland was, belangrik om uiteindelik te kan regeer en aan hulle kiesers se eise te probeer voldoen.

Wat duidelik is, is dat die vier koalisie-partye wil sien dat Nederland se soewereiniteit minstens gedeeltelik vanaf die Europese Unie teruggewen, of in sommige gevalle, terug onderhandel moet word. Die behoefte hiervoor bestaan ook in baie ander EU-lidlande waar burgers voel dat te veel magte na die EU opgewentel is. Die tema van soewereiniteit van lidlande gaan ook belangrik wees in die komende verkiesing vir die Europese Parlement wat van 6 tot 9 Junie plaasvind.

Die nuwe Nederlandse regering en sy regeringsakkoord kan in baie opsigte die rigting vir ander Europese lande aandui. Dit is goeie nuus vir die hele Europa.  

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende