My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Nuus wat ons in 2024 laat lag- en kopkrap het

19 Desember 2024

2024 was weer ‘n besige jaar wat nuus betref.

In Suid-Afrika was daar ‘n Nasionale Verkiesing, die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) is op die been gebring, en Amerika het sy 45ste president, Donald Trump verkies. Máár te midde van al hierdie groot gebeure was daar ook nuus wat ons laat skaterlag het, nuus waaroor ons kop gekrap het, en selfs net nuus wat ons verward, en moedeloos gelaat het.

Op 27 Julie het die Olimpiese Spele se openingseremonie in Parys, Frankryk alle nuuskanale en sosiale media-platforms oorheers. Ook byna 1000 kommentare is op Pretoria FM se Facebook-plasing gemaak oor die Franse sanger, en akteur, Philippe Katerine wat van kop tot tone in blou verf skielik sy voorskyn gemaak het. Mense het onder meer gevoel hy dryf die spot met die Christen-geloof.

LEES OOK: Australiese briekdanser as die wêreld se “beste” aangewys

‘n Nuwe sportsoort by vanjaar se Olimpiese Spele het vir groot vermaak gesorg nadat die Australiese briekdanser Raygun haar unieke danspassies opgevoer het. In een beweging wil dit voorkom as Raygun (Racael Gunn) soos ‘n kangaroe rondbeweeg. Daar is vir weke tydens en ná die Olimpiese Spele die spot met haar gedryf.

‘n Omstrede, sogenaamde “kunswerk” wat Comedian gedoop is, is vir $6,2-miljoen by ‘n veiling verkoop. Die “kunswerk” deur die Italiaanse kunstenaar, Maurizio Cattelan, is gemaak deur ‘n piesang met kleefband teen ‘n muur op te plak. ‘n Kripto-entrepreneur, Justin Sun het die piesang gekoop waarna hy hom geëet het.

LEES OOK: Jy kan nou ‘n graad as Smaakmaker verwerf

‘n Universiteit in Ierland het een van die eerste universiteite geword om ‘n smaakmakersgraad (influencer) bekend te stel. Om ‘n smaakmaker te wees word in die afgelope paar jaar as ‘n loopbaankeuse beskou vir jong mense in die sosiale media-era. Smaakmakers skep inhoud, en maak geld deur advertensies op hulle verskeie sosiale media-platforms.

Die Suid-Oos Tegnologiese-universiteit in Carlow, Ierland sê die kursus beloof om onder meer studente te leer om inhoud te skep vir spesifieke platforms soos TikTok, Instagram en YouTube.

In September het opposisiepartye en organisasies in die Tshwane-metro hul bes probeer om die burgemeester, Cilliers Brink, in sy pos te hou nadat ‘n mosie van wantroue teen hom geslaag het. Dit kom nadat ActionSA die veelparty-koalisie in die metro verlaat het, en saam met die ANC en die EFF gewerk het om Brink uit die kussings te lig.

Tans is Action SA se dr. Nasiphi Moya die burgemeester van die metro, en is lede van die EFF en die ANC aangewys as burgemeesterskomiteelede.

LEES OOK: Thabo Bester bring hofaansoek vir rekenaar, internetverbinding én koerante

Die sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester het in 2024 verskeie hofaansoeke gebring vir toegang tot ‘n rekenaar, koerante en internetverbinding terwyl hy in die tronk is. Volgens hom het hy nie toegang tot enige inligting nie en vra daarom vir internetverbinding én ‘n daaglikse koerant.

Talle van die EFF se langsdienende en lojale lede het die party na die verkiesing in Mei die rooi berette vir Jacob Zuma se MK-party verruil. In Augustus het die EFF-leier, Julius Malema se vriend en adjunk-leier, Floyd Shivambu die EFF verlaat. Hy dien tans in die MK-party. Ook die voormalige openbare beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane is na ‘n jaar by die EFF nou ‘n lid van die MK-party.

Die aangewese president van Amerika, Donald Trump is in Julie tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Butler, Pennsylvanië teen sy regteroor geskiet. Die skietvoorval is as ‘n sluipmoordpoging beskryf.

LEES OOK: Donald Trump by saamtrek geskiet

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende