Luister nou

Nog winterkoue is moontlik, maar die lente is op pad

Deur Seugnet van Zyl

Ysige weer het die afgelope week selfs Pretorianers laat klappertand.

Annette Botha, meteoroloog van Vox Weather, sê dié week se weer was beslis ’n uitsonderlike winterstelsel, veral omdat so ’n groot deel van Suid-Afrika gelyktydig deur baie koue lug, reën, sneeu en ysige toestande geraak is.

Volgens Botha was dit nie die sneeu self wat in agt van Suid-Afrika se nege provinsies waargeneem is, maar hoe wydverspreid die sneeu en winterweer was.

“Sneeu in Augustus is op sigself nie vreemd nie. Ons is immers nog in ons winterseisoen. Wat hierdie gebeurtenis meer ongewoon gemaak het, was die omvang daarvan en veral hoe ver noord die winterweer gestrek het.”

Sy verduidelik die kombinasie van ’n sterk kouefront en ’n afsnylaag het die ysige weer so wydverspreid gemaak.

“Dit het baie koue lug ver noord oor die binneland ingetrek, terwyl daar terselfdertyd baie vog beskikbaar was. In Gauteng was sneeuval byvoorbeeld baie lig en hoofsaaklik oor dele van Johannesburg, waar ons ’n mengsel van reën, sneeu, gedeeltelik bevrore waterdruppels of ’n mengsel van reën en sneeu en ysreën gesien het.”

Al het dit in agt provinsies gesneeu, beteken dit nie dat daar oral ’n dik laag sneeu gelê het nie. Die swaarste sneeu was oor die hoërliggende gebiede, terwyl plekke soos Gauteng maar net-net koud genoeg geword het vir ligte sneeu en gemengde winterneerslag.

Die swaarste en mees betekenisvolle sneeu was oor die hoërliggende gebiede, veral oor die berge van Lesotho en die suidelike Drakensberg, asook aangrensende hoërliggende dele van die Oos-Kaap.

“Dit maak natuurlik sin omdat hierdie gebiede baie hoog bo seevlak lê en dus makliker koud genoeg word vir swaar sneeu en sneeu-akkumulasie.”

Sy benadruk dat hierdie winter nog nie agter die rug is nie, maar dat ons nou stadig na die oorgang tussen winter en lente beweeg, waar ons waarskynlik groter temperatuurskommelinge gaan begin sien.

“Die lente is op pad, maar moet nog nie die winterbaadjies wegpak nie! Ons beweeg wel nader aan die einde van die meteorologiese winter aan die einde van Augustus, maar Augustus kan steeds sterk kouefronte en sneeustelsels oplewer en selfs in September kan ons nog kouefronte en sneeu oor die hoërliggende gebiede kry, maar tussen hierdie koue stelsels behoort warmer dae al hoe meer voor te kom.”

Botha bevestig dat Gauteng vanjaar beslis buitengewoon baie reën vir hierdie tyd van die jaar gekry het.

“Gauteng is ’n somerreënvalgebied, so sulke wydverspreide en betekenisvolle winterreën is ongewoon. Gauteng het ver bo sy gemiddelde reënval vir hierdie tyd van die jaar ontvang, terwyl dele van die Wes-Kaap ’n besonder droë winter beleef het. Dit beteken nie noodwendig dat ons reënvalstreke skielik omgeruil het nie. Individuele atmosferiese stelsels kan soms baie vog na gebiede bring wat normaalweg in daardie seisoen droog is. Dit wys eintlik net weer hoe veranderlik ons weer van jaar tot jaar kan wees.”

Logan van Zyl (7) geniet dit om vir eerste keer in sneeu te speel in Kokstad, KwaZulu-Natal.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-79-14-Aug-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Wikipedia

Afrikaanse Taaldag word herdenk

Ramaphosa-besigheidsberaad

Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit

Fotokrediet: The Citizen

SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

BenTzur en Ori - Instagram

Twee jong leeus is nou Vrystaters

Brandstofstygings

R10 mjd. om motoriste teen brandstofpryse te buffer

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes SAPD-design
Honderde ongerymdhede in polisie se leefstyloudits bespeur
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 14 Augustus 2026
Fotokrediet: Wikipedia
Afrikaanse Taaldag word herdenk
Ramaphosa-besigheidsberaad
Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit
Fotokrediet: The Citizen
SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

Luister nou