Luister nou

Namibiese politikus wêreldnuus oor sy naam

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die Namibiese politikus, Adolf Hitler Uunona, het sy middelnaam amptelik uit sy identiteitsdokument laat verwyder.

Die beweegrede daaragter is glo omdat hy sy naam oor die jare te veel moes verduidelik.

Die 59-jarige Uunona is egter ’n gewilde Swapo-politikus en is vir die vyfde agtereenvolgende keer herverkies in die klein noordelike kiesafdeling van Ompundja in die Oshane-streek.

Hy het sy kommer uitgespreek dat sy doopname vir hom ’n beeldprobleem kan skep en het kort voor die 2025 plaaslike verkiesing versoek dat hy voortaan net as Adolf Uunona wil bekend staan.

Uunona het vroeër aan die Duitse koerant, Bild, gesê dat hy niks te doen het met Nazi-ideologie nie, maar dat sy pa waarskynlik nie verstaan het waarvoor Adolf Hitler gestaan het nie.

Duitse name is algemeen in dié buurland wat tussen 1884 en 1915 ’n Duitse kolonie was, nadat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog deur die Westerse Geallieerde magte oorgeneem is.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou