Luister nou

Namibiese politikus wêreldnuus oor sy naam

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die Namibiese politikus, Adolf Hitler Uunona, het sy middelnaam amptelik uit sy identiteitsdokument laat verwyder.

Die beweegrede daaragter is glo omdat hy sy naam oor die jare te veel moes verduidelik.

Die 59-jarige Uunona is egter ’n gewilde Swapo-politikus en is vir die vyfde agtereenvolgende keer herverkies in die klein noordelike kiesafdeling van Ompundja in die Oshane-streek.

Hy het sy kommer uitgespreek dat sy doopname vir hom ’n beeldprobleem kan skep en het kort voor die 2025 plaaslike verkiesing versoek dat hy voortaan net as Adolf Uunona wil bekend staan.

Uunona het vroeër aan die Duitse koerant, Bild, gesê dat hy niks te doen het met Nazi-ideologie nie, maar dat sy pa waarskynlik nie verstaan het waarvoor Adolf Hitler gestaan het nie.

Duitse name is algemeen in dié buurland wat tussen 1884 en 1915 ’n Duitse kolonie was, nadat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog deur die Westerse Geallieerde magte oorgeneem is.

Gewilde Nuus

Reint Dykema

RNE help om Bela-wet te keer

Ekonomiese groei

Reserwebank waarsku teen stadiger ekonomiese groei

Klaskamer

R70,9 mjd. se begroting vir knelpunte in Gautengse onderwys

Fotokrediet: Die Kwêvoël

Inenting? Jy kan dalk vervolg word…

Fotokrediet - News24

Betogers gewaarsku om nie wapens te dra nie

Ander Nuus Artikels

Plaas
AfriForum weerlê mites oor grondbesit
Fotokrediet: Newsday
Polisie nader die private sekuriteitsbedryf voor 30 Junie
Fotokrediet: Exquisite Coasts
Port Alfred staan naamsverandering teen
Reint Dykema
RNE help om Bela-wet te keer
Ekonomiese groei
Reserwebank waarsku teen stadiger ekonomiese groei

Luister nou