Luister nou

Nada-Jane-moordenaar eers in 2026 gevonnis

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vonnisverrigtinge in die saak van Amber Lee Hughes, wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting van die 4-jarige Nada-Jane Challita, is tot aanstaande jaar uitgestel.

Die verdediging sal dan hul volgende getuie ter strafversagting roep.

Die 26-jarige Hughes het Nada-Jane op 23 Januarie 2023 in ’n bad verdrink. Die kind se pa, Elie Challita, was daardie dag weg vir ’n werksonderhoud.

Carina Wolmarans, ’n maatskaplike werker, het tydens haar getuienis voor die hof gesê Hughes se optrede en gedrag die dag van die moord weerspieël simptome van ’n persoonlikheidversteuring.

Volgens Wolmarans was Hughes se woede teenoor die pa van die kind gerig en nie teen Nada-Jane nie.

Sy beklemtoon dat Hughes geesteswelstandsprobleme het wat haar sosiale vaardighede en hantering van frustrasie beïnvloed.

Hughes is onder streng toesig in die tronk en neem ook medikasie onder toesig. Sy is lank in die tronk se hospitaalafdeling aangehou ná ’n selfmoordpoging.

Wolmarans het aangevoer dat Hughes psigoterapie benodig, gegewe haar traumatiese kinderdae en geskiedenis van selfbesering.

Kragtens die Wet op Minimum Vonnisse kan Hughes tot lewenslange tronkstraf op elke aanklag gevonnis word, tensy daar wesenlike omstandighede bestaan om daarvan af te wyk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026
Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Luister nou