Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

‘n Motoris wat herhaaldelik oor ‘n man gery het, en sy dood veroorsaak het, word steeds deur die polisie gesoek – tien dae ná die voorval.

‘n Video het aan die lig gekom waarin gesien kan word hoe die verdagte, in ‘n Ford Ranger-bakkie, die oorledene tref, en dan herhaaldelik bo-oor hom ry. Die polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Nevhuhulwi, sê die voorval het op 5 April in Rivonia, Sandton gebeur, maar die polisie kon steeds nie die verdagte opspoor nie.

Nevhuhulwi sê die man is op die toneel dood verklaar. Hy sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat dit nie ‘n ongeluk was nie.

Die video wys nie wat die gebeure voorafgegaan het nie, maar volgens berigte was daar glo ‘n konfrontasie tussen die betrokke partye.

Nevhuhulwi sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord, en het ‘n beroep op mense gedoen om die polisie met enige inligting te kontak.

Indien jy meer inligting oor die verdagte het, skakel Stop Misdaad by 08600 10111.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-House-1-1

Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen

TRANS-SKELMS

Voormalige Transnet-hoofde op borgtog van R50 000 elk vrygelaat

pjimage-2022-05-16T130201.620

Man met 16 slange op lughawe voorgekeer – die derde soortgelyke voorval dié maand

WhatsApp Image 2025-06-29 at 15.35.07_9dcc5b35

PTA Krag: Instandhoudingsprojek van beplande vier ure word toe 12 ure

TSHWANE2

“Byvoordele van R230-miljoen vir veiligheidswagte bedreig die Tshwane-metro se begroting”

Ander Nuus Artikels

Untitled design
Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane
Kleinfontein
“Berigte dat die Tshwane-metro dit oorweeg om Kleinfontein te sloop, is onwaar”
Untitled-design-5
Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is
Tshwane-House-1-1
Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen
TRANS-SKELMS
Voormalige Transnet-hoofde op borgtog van R50 000 elk vrygelaat

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende