Luister nou

Motlanthe se opmerkings oor China veelseggend

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 28 Junie

Deur: Werner Human

“[China] is ʼn baken van hoop en ʼn stralende voorbeeld van ʼn land wat die oorgang van kapitalisme na sosialisme bewerkstellig het.” So sê voormalige president Kgalema Motlanthe tydens ʼn viering van die honderdjarige bestaan van die Chinese Kommunistiese Party.

Hy het verder gesê dat China wys dat dit moontlik is om ʼn klaslose samelewing te vestig, waar klas-uitbuiting iets van die verlede is, en dat China se buitelandse beleid ʼn teenvoeter bied vir die bose beleggers en kredietgraderingsagentskappe wat progressiewe beleide onderdruk.

Hierdie lofprysing aan China skiet in vele opsigte ver te kort.

China het sosialisme in sy suiwerste vorm toegepas in die 1950’s en 1960’s toe die destydse leier, Mao Zedong, kommunisme spoedeisend wou deurvoer deur veral landbouproduksie te sentraliseer en uitsetkwotas deur staatsmag af te dwing.

Nie net is onhaalbare kwotas daargestel nie, maar die staat het ook wat hulle beskou het as “surplus produksie” gewelddadig afgeneem, wat tot ʼn ernstige hongersnood regdeur China gelei het.

In hierdie krisis het Zedong nie ʼn oomblik daaraan afgestaan om te besin oor die rampspoedige gevolge wat kommunisme meegebring het nie. Inteendeel, hy het die mislukkings op die program eerder toegeskryf aan “swak weer” en teenstanders wat vordering in die wiele gery het.

In antwoord hierop het hy sy greep eerder versterk deur in 1966 die Kulturele Rewolusie in werking te stel, wat ten doel gehad het om enige oorblyfsels van kapitalisme en die tradisionele lewe uit te wis – en ook om teenstanders van die program van kant te maak.

Hierdie oefening het na raming bykans 55 miljoen lewens gekos – die ganse bevolking van Suid-Afrika.

In die 1980’s het die informele sektor – lees, die nie-staatsektor – geweldig gegroei waar byvoorbeeld haarkappers in dié tyd meer as dokters in die staatsektor verdien het. Die werklikhede in die 1980’s het ook die proses van hervorming in die Chinese Kommunistiese Party afgedwing waar Zedong se opvolger, Deng Xiaoping, die proses gelei het.

Xiaoping het geglo dat die markkragte met sosialisme versoen kan word en het dit verduidelik aan die hand van ʼn voëltjie in ʼn hok. Die voëltjie is vry om te vlieg, maar alleenlik binne die hok wat die Kommunistiese Party daarstel.

Die ANC en Motlanthe se romanse met die Chinese model is veelseggend, want dit bevestig net dat hulle in die pandemietyd die grense van die  spreekwoordelike “hok” wil bepaal deur ondermeer die dryf vir onteiening sonder vergoeding, genasionaliseerde gesondheidsorg en die ontwapening van burgers.  

Dit is ironies dat beide China en Suid-Afrika die mark nodig het om hul verslawing aan volskaalse sentrale beheer te laat slaag. Die slotsom waartoe ʼn mens noodwendig moet kom, is dat vryheid in die breedste betekenis nie versoenbaar is met ʼn beleid van sentrale beheer nie.

Anders as China in die 1950’s beskik die Afrikaner-gemeenskap in die besonder reeds oor goed georganiseerde instellings wat op verskeie wyses weerstand  teen staatsvergrype kan bied en in ʼn beduidende mate seggenskap oor ons eie toekoms kan opneem.

Motlanthe, wat as ʼn gematigde ANC-leier beskou word, bevestig hiermee die diep toewyding wat nog steeds by die regerende party bestaan om die sosialistiese utopie na Suid-Afrika te bring.

Ons is darem in ʼn posisie om die kolletjies te verbind met die wete dat hierdie beleide net tot ellende sal lei. Daarom beplan ons daarvolgens om deur instellings buite die staat ʼn toekoms vir ons kinders te bou.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou