Luister nou

Miljarde se dwelms vernietig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat die polisie die afgelope drie jaar dwelms ter waarde van R5,2 miljard vernietig het.

800kg se dwelms met ’n straatwaarde van meer as R340 miljoen is vandag in Kaapstad vernietig.

Die Polisie het intussen verskeie groot dwelmklopjagte uitgevoer. In die Wes-Kaap is 26 onwettige vuurwapens en 50 000 mandrax-tablette in beslag geneem, terwyl die polisie in Gauteng ’n dwelmlaboratorium in Westonaria ontdek het waar R10 miljoen se mandrax vervaardig is. Twee verdagtes is hier in hegtenis geneem.

By die OR Tambo Internasionale Lughawe is drie dwelmhandelaars in hegtenis geneem  met kokaïen ter waarde van R7,5 miljoen, terwyl daar ook beslag gelê is op R6 miljoen se kokaïen wat as haarprodukte verbloem is.

In die Oos-Kaap het die Valke R720 000 se ecstasy-tablette in ’n busdepot in Oos-Londen in beslag geneem en in KwaZulu-Natal is dagga ter waarde van R450 000 op ’n trein by die Golelaland-grenspos onderskep.

Masemola beklemtoon dat die polisie se aksies deel vorm van ’n voortdurende poging om georganiseerde misdaad en internasionale dwelmhandel te bekamp.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou