14 November 2024
Lugbraaiers het die afgelope paar jaar aansienlik gegroei in gewildheid, grootliks weens die spoed waarteen dit kos gaarmaak, en die verminderde olie-gebruik.
Die nuusdiens, IOL berig dat meer as 3-miljoen lugbraaiers sedert 2022 herroep moes word weens moontlike veiligheidskwessies wat vorendag kan kom.
Van die handelsmerke wat herroep moes word is Insignia, Magic Chef, Cosori, Secura en Empower.
Volgens IOL is die mees algemene probleem wat aangemeld word, oorverhitting wat daartoe lei dat plastiek handvatsels en bedrading smelt. In sommige gevalle het van die lugbraaiers selfs aan die brand geslaan.
280 000 Insignia lugbraaiers moes herroep word weens oorverhitting.
Handelsmerke het gebruikers van lugbraaiers aangemoedig om deeglik deur die instruksies te lees voordat die lugbraaier gebruik word. Mense word ook gevra om nie die toestel te vol te pak nie, en om dit slegs by betroubare winkels aan te koop.