Die minister van polisie, Senzo Mchunu sê dat daar 16 012 aktiewe sake ondersoek word van gevalle waar verhoorafwagtendes nie opgedaag het vir hul verhore nie.
In antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die DA se LP, Kabelo Kgobisa-Ngcabahet Mchunu gesê dat daar meer as 4 500 sake is wat ouer as vyf jaar is.
262 van diegene is buitelanders.
Die minister het nie besonderhede gegee oor die klagtes waarop die verdagtes tereg gestaan het toe hul borgtogvoorwaardes verbreek is nie, en of hulle van geweldsmisdade verdink word nie.