Die Madlanga-kommissie het ’n aansoek van die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, om die saak uit te stel, van die hand gewys.
Matlala hervat vandag sy getuienis voor die kommissie.
Sy regspan het aangevoer dat hulle probleme ondervind om hom in die Kgosi Mampuru-gevangenis te raadpleeg.
Een van sy advokate, Annelene van den Heever, was weens siekte afwesig, terwyl advokaat Fatima Missi die kommissie ingelig het oor die probleme om met Matlala te konsulteer.
Die kommissarisse het egter ná ’n kort konsultasie die uitstel geweier.
Sy regspan sal nou argumente moet aanvoer oor Matlala se reg om homself nie te inkrimineer nie.