Die Madlanga Kommissie van Ondersoek het gehoor dat die beweerde misdadiger, Vusimuzi “Cat’ Matlala probeer het om sy bande met ‘n Gautengse polisieman te gebruik om inligting oor ‘n moordsaak te bekom.
Die getuienis-leier, Matthew Chaskalson, het gister WhatsApp boodskappe tussen Getuie F, ‘n lid van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid en Matlala voorgelees.
In een van die boodskappe het Matlala ‘n saaknommer aan Getuie F gestuur.
Die regsverteenwoordigers van die kommissie beweer intussen dat die Noordwes-sakeman, Suliman Carrim, probeer om die kommissie se vermoë om hom te laat getuig, permanent te kelder.
Carrim se dringende optrede om sy getuienis in die wiele te ry is gister in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor.
Hy vra dat die hof las dat hy nie voor die kommissie hoef te getuig nie, nadat die kommissie hom gedagvaar het om dit te doen.
Indien die hof in die guns van die Madlanga kommissie beslis, sal Carrim Vrydag voor die kommissie moet getuig.
Uitspraak is voorbehou.