Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Maak reg vir Biden teen Trump in 2024

Nuuskommentaar: 12 Desember 2023

Deur: Jaco Kleynhans

Oor ʼn maand van nou sal Amerikaanse kiesers na die stembus begin gaan om presidentskandidate in voorverkiesings in al 50 deelstate aan te wys. Die Amerikaanse verkiesing vind volgende jaar op 5 November plaas, maar die proses om presidentskandidate te benoem, begin reeds op 15 Januarie in Iowa, met kiesers in New Hampshire wat op 23 Januarie hul stemme sal uitbring.

Volgens alle aanduidings gaan Donald Trump weer die Republikeine en Joe Biden die Demokrate se presidentskandidaat wees. Trump se steun het die afgelope paar maande net bly toeneem en tans steun meer as 60% van Republikeine sy kandidatuur, terwyl sy twee sterkste opponente, Nikki Haley en Ron DeSantis, elk net sowat 12% steun geniet.

Aan die Demokrate se kant is daar weinig opposisie vir Biden. Nadat Robert F. Kennedy besluit het om eerder as ʼn onafhanklike kandidaat aan volgende jaar se verkiesing deel te neem, het Biden nou net twee opponente, ʼn dienende lid van die Amerikaanse kongres vir Minnesota, Dean Phillips en Marianne Williamson wat vier jaar gelede ook ʼn kandidaat was. Nie Phillips of Williamson geniet veel steun onder die Demokrate nie.

Dit blyk dus dat slegs ʼn onverwagte onttrekking deur Biden of Trump, of die skielike afsterwe van een van die twee, kan verhoed dat hulle weer op 5 November volgende jaar teen mekaar te staan gaan kom. Tog is sowel Biden as Trump ongewild onder ʼn meerderheid van Amerikaanse kiesers.

Ten spyte van Biden en Trump se ongewildheid tel die proses om ʼn presidentskandidaat aan te wys sterk in albei se guns. ʼn Dienende president, in hierdie geval Biden, word uiters selde ooit suksesvol deur iemand in sy party om nominasie uitgedaag.

Trump se groot voordeel lê daarin dat hy die uiters lojale ondersteuning van die mees getroue kiesers in sy party geniet. Voorverkiesings word oorheers deur getroue partylede en aktiviste en dit is hier waar Trump se steun lê. Die opposisie teen Trump in sy eie party is steeds verdeeld.

Onafhanklike kiesers, wat sowat 20% van alle kiesers in ʼn presidentsverkiesing uitmaak, sowel as die meer gematigde groepe kiesers in albei partye, het min tot geen invloed in die benoemingsproses van presidentskandidate.

Oor die naweek het die Wall Street Journal die uitslag van hulle nuutste peiling bekend gemaak wat daarop dui dat Trump tans met 4% teen Biden voorloop. Biden verloor heelwat steun onder minderhede, soos Latyns-Amerikaners, maar ook onder sommige gematigde en onafhanklike kiesers.

Net 37% van Amerikaners is tans tevrede met Biden se werksprestasie. Daarteenoor het 42% van Amerikaners tans ʼn positiewe gevoel oor Trump. Hoewel ʼn meerderheid van Amerikaners dus negatief oor Biden en Trump is, lyk dit of volgende jaar se verkiesing beslis gaan word na aanleiding van die vraag oor watter een van die twee die ongewildste is.

Terwyl ʼn oplossing vir die konflik tussen Israel en die Palestyne gevind moet word; die oorlog tussen Rusland en Oekraïne steeds voortwoed; spanning tussen die VSA en China voortduur; onwettige immigrasie na die VSA toeneem; en vrese vir hernude ekonomiese probleme weer opvlam, is die VSA se onvermoë om nuwe leierskap te vind, verbysterend. Gevolglik gaan die wêreld oor die volgende 11 maande moet toekyk hoe die ongewildste kandidaat die presidentskap gaan verloor, eerder as wat die gewildste kandidaat as wenner uit die stryd tree.

Foto: Bloomberg.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende