Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Maak jou beleggings “Randbestand”

Nuuskommentaar: 19 Mei 2023

Deur: James Kemp

Die afgelope week se nuusgebeure oor die wyse waarop die rand se waarde teruggesak het teenoor die doller het opnuut beklemtoon hoe kwesbaar die rand is vir internasionale en plaaslike onstabiliteit.

Die rand het die afgelope tyd tot ʼn historiese laagtepunt teenoor die doller verswak ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland sou verskaf het. Voortslepende beurtkrag, die begrotingsrede, die land se gryslys-status en onsekerheid oor ekonomiese en politieke beleid het tot gevolg gehad dat die rand nog nie vanjaar ʼn blaaskans kon kry nie.

Die rand se waarde teenoor ander groot geldeenhede het die afgelope tyd aansienlike aandag getrek, wat sy wisselvalligheid en kwesbaarheid teenoor die mark beklemtoon. Daar is verskeie faktore wat die rand se wisselkoers beïnvloed.

Die hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth, Thys van Zyl, skryf onlangs dat politieke- en ekonomiese onsekerheid die afgelope 10 jaar ʼn groot invloed op die rand gehad met die gevolg dat die geldeenheid behoorlik wipplank gery het. Hy skryf verder dat dié gebeure ook tot ’n gebrek aan buitelandse beleggings kan lei wat weer tot gevolg het dat die rand depresieer. Die rand is bekend daarvoor dat hy op internasionale gebeure reageer en het verwikkelinge in die Amerikaanse finansiële mark ook vanjaar reeds ʼn groot invloed op die geldeenheid gehad.

Van Zyl wys ook daarop dat die land se handelsbalans nog een van die katalisators is wat die rand kan beïnvloed. Dat ‘n beduidende handelstekort druk op ‘n land se geldeenheid kan plaas. As ʼn land meer goedere en dienste invoer as uitvoer is daar ʼn groter vraag na buitelandse geldeenhede wat lei tot depresiasie van die binnelandse geldeenheid. Suid-Afrika het in die afgelope tien jaar verskeie kere handelstekorte beleef wat druk geplaas het op die rand.

Suid-Afrika is ʼn groot uitvoerder van kommoditeite soos goud, platinum en steenkool. Die rand se waarde word ook beïnvloed deur die verandering in internasionale kommoditeitspryse. “As kommoditeitspryse daal, kan dit Suid-Afrika se uitvoerinkomste, handelsbalans en die algehele waarde van die rand negatief beïnvloed.

Volgens Van Zyl het aankondigings deur sentrale banke en monetêre beleidsbesluite ook ʼn invloed op ʼn land se geldeenheid. As ‘n sentrale bank beleid volg wat die geldvoorraad verhoog of die rentekoerse verlaag, kan dit veroorsaak dat die geldeenheid verswak. Beide die faktore kan die rand se waarde relatief tot ander geldeenhede beïnvloed.

Die afgelope tien jaar was die rand as’t ware in vryval teenoor van die wêreld se grootste geldeenhede. Ons het al dikwels gehoor dat die publiek gemaan word om hulself staatsbestand te kry. Dit beteken dat jy jouself so ver moontlik bestand moet maak teen staatsverval wat aanleiding gee tot beurtkrag en ander uitdagings. Dit is egter net so belangrik dat jy jou beleggings wat jou eendag tydens jou aftrede moet onderhoud bestand moet maak teen `n geldeenheid wat uitgelewer is aan die onvermoë van die regering en `n vervallend staat. Maak dus seker dat jou beleggings ook “randbestand” is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende