Luister nou

Limpopo: Laat aflewering van eksamenvraestelle in Mopani-distrik kommerwekkend

Deur Pretoria FM Nuusspan

21 November 2024

Die VF Plus sê die proses wat gevolg word om departementele eksamenvraestelle in Limpopo af te lewer, is kommerwekkend.

Dit volg na die jongste voorval in die Mopani-distrik, waartydens die graad 11-departementele Aardrykskundevraestel tot komende Maandag uitgestel moes word.

Volgens ’n verklaring deur die VF Plus sal dit beteken dat leerlinge – wat nie die Aardrykskundevraestel gister kon skryf nie – ’n ander vraestel op komende Maandag sal skryf.

Die party sê dit is van kritieke belang dat die onderwysdepartement – wat verantwoordelik vir die bestuur van die afleweringsproses is – beter kontroles moet instel ten einde die laat aflewering van vraestelle te voorkom.

Die VF Plus meen die saak moet dringend ondersoek word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou