Luister nou

Liebenberg-egpaar borgtogaansoek uitgestel

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 November 2024

Die borgtogaansoek van Louis en Dezzi Liebenberg is tot 21 November uitgestel. 

Die egpaar het vanoggend in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn. Die twee staan saam met sewe ander tereg op aanklagte van onder meer bedrog, diefstal, rampokkery en geldwassery.

Die ander beskuldigdes is reeds op borgtog vrygelaat. Dezzi ontken alle klagtes teen haar en voer aan dat dit in belang van geregtigheid is dat sy op borgtog vrygelaat word. Sy meen sy is nie ‘n vlugrisiko nie.

Volgens haar regsverteenwoordiger kan sy R20 000 vir haar borgtog bekostig. Geld wat sy glo by ‘n vriend sal leen.

Ná die uitstel van die saak het Dezzi gehuil. 

Die sitting van vanoggend was ook nie sonder drama nie. Netwerk24 berig dat Liebenberg die Rapport–joernalis, Johan Eybers daarvan beskuldig het dat hy hom in die hof probeer uitlok. Volgens Liebenberg trek Eybers vir hom gesigte om sy aandag te probeer trek.

Eybers het aan landdros Vusimuzi Mahlangu gesê dat hy net sy werk doen deur foto’s van die egpaar op sy selfoon te neem, en dat hy hulle nie probeer uitlok nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou