Luister nou

Krugersdorp-matriekleerling sterf tydens krieketwedstryd

Deur Pretoria FM Nuusspan

3 Februarie 2024

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê hy is uiters geskok en hartseer oor die skielike dood van ‘n Graad 12-leerling aan die Krugersdorp Hoërskool, wat die afgelope naweek tydens ‘n krieketwedstryd dood is.

Luidens ‘n verklaring deur die provinsiale onderwysdepartement het die Krugersdorp Hoërskool Saterdag, 1 Februarie teen die Christian Brothers’ College (CBC) in Boksburg gespeel.

Die span van Krugersdorp was besig met veldwerk toe twee spelers teen mekaar vasgehardloop het toe hulle probeer het om ‘n bal te keer wat in die buiteveld geslaan is. Een van die leerlinge het sy bewussyn verloor, terwyl die ander seun asemhalingsprobleme ervaar het.

Volgens die departement het die leerling, wat intussen deur die skool as Retshegofetse Sennelo geïdentifiseer is, se hart stil gaan staan, en is hy met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die skool het Saterdag se gebeure as ‘n fratsongeluk beskryf. Die ander leerling is vir harsingskudding behandel en uit die hospitaal ontslaan. Retshegofetse se ma, Olga Sennelo is die voorsitter van die skoolbeheerliggaam.

CBC Boksburg het in ‘n verklaring hulle medelye met Sennelo se vriende en familie, asook die skool betuig. “Berading is reeds aangebied aan al die betrokke partye.” Die skool sê hy sal alle veiligheidsmaatreëls van sportbyeenkomste ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou