Luister nou

Konsepregulasies “absurd”

Deur Pretoria FM Nuusspan

“Dit is absoluut absurd,” sê die algemene bestuurder van Monitornet, Paul Gerber, oor die voorgestelde regulasies wat die afgelope week in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Ek weet nie wat die regering hiermee wil bereik nie.”

Die voorgestelde regulasies bepaal onder meer dat ’n sekuriteitsmaatskappy sewe dae moet kennis gee voor skoktoestelle, traangas, waterkanonne, rubber- of plastiekkoeëls en soortgelyke wapens gebruik gaan word. Hieroor kan Gerber net sy kop skud.

“As my kliënt se fabriek afgebrand word, moet ek sê wag net so bietjie sodat ek toestemming kan kry om wapens te mag gebruik?”

Verder sal vuurwapens ook nie by plekke soos winkelsentrums toegelaat word nie.

LEES OOK: Voorgestelde regulasies kan sekuriteitsbedryf knak

“As daardie alarm vanaand afgaan, moet ek met ’n vuurwapen in die winkel ingaan,” sê Gerber in reaksie op dié voorstel.

Gerber sê verder dat die vereiste dat werknemers onder meer vir neurologiese waarneming gestuur moet word, ’n reuse- finansiële las op die bedryf plaas terwyl sekuriteitswerkers reeds fiksheids-, poligrafie- en ander toetse moet deurloop.

Hy is egter nie van voorneme om van stryk gebring te word nie.

“Niemand gaan ons die voorreg ontneem om vir die gemeenskap te doen wat die polisie nie kan doen nie. Ek gaan my winkels oppas. Dis nie net ’n joppie hierdie nie, dit is ’n roeping.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou