Luister nou

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Deur Marelize Maré

Die konflik tussen Iran en die Verenigde State het weer opgevlam, nadat Iran Amerikaanse militêre teikens in Jordanië met ballistiese missiele aangeval het.

Iran se Revolusionêre Wag sê twee Amerikaanse lugbasisse is getref.

Jordanië se weermag sê hy het intussen agt missiele onderskep, maar het nie gesê waarvandaan dit gelanseer is nie.

Die aanval was volgens Iran ’n vergelding vir Amerikaanse lugaanvalle op Iran se Larak-eiland in die Straat van Hormoes.

Washington sê die aanvalle was daarop gemik om te keer dat Iran verdere seemyne in die strategiese roete plaas.

Die Straat van Hormoes, waardeur ongeveer ’n vyfde van die wêreld se oliehandel beweeg, bly intussen grootliks versper.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou