Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Kollege-kantoorgebou glo deur ontevrede studente aan die brand gesteek

Die administratiewe kantoorgebou van die Noord-Kaap Stedelike Kollege in Kimberley is gistermiddag deur vermoedelik ontevrede studente aan die brand gesteek.

Gefrustreerde studente betoog reeds weke lank weens die Nasionale Studentefinansieringskema (NSFAS) se versuim om toelaes te betaal.

Volgens die polisie is die brand geblus en is nog niemand in hegtenis geneem nie.

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor onderwys, dr Wynand Boshoff sê intussen brandstigting is onaanvaarbaar maar meen NSFAS moet gedeeltelik hiervoor verantwoordelik gehou word.

Boshoff sê die krisis is NSFAS se onvermoë om sakgeld elke maand betyds aan studente te betaal, aangesien hierdie betalings deel van die land se maatskaplike vangnet geword het.

Hy sê die groot handelsbanke is toegerus om hierdie funksie te vervul, maar NSFAS volhard in die gebruik van opkomende fintech-ondernemings ter wille van transformasie.

 

Foto: mynortherncape.tv (Facebook) 

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Ander Nuus Artikels

Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende