Luister nou

Kleinfontein verwelkom skikking

Deur Redaksie

“Dit is vir ons ‘n wonderlike gebeurtenis dat die voortslepende twis tussen Kleinfontein en die Tshwane Metro uiteindelik bygelê is.”

So sê Rian Genis, die voorsitter van die Kleinfontein Aandeleblok, nadat ‘n skikking tussen dié Afrikanergemeenskap en die metro deur die Hooggeregshof in Pretoria ‘n hofbevel gemaak is.

“Dit is onmin wat nou al etlike jare duur, en ons is baie bly dat die formalisering nou onder die beskerming van ‘n formele skikking kan geskied.”

Genis sê daar is hierdie keer ‘n duidelike aanduiding van die hof van wat Kleinfontein te doen staan en wat die Tshwane Metro te doen staan.

Die hoofbepalings van die bevel sluit onder meer in dat Kleinfontein teen of voor 31 Augustus 2026 ’n volledige en uitgebreide grondontwikkelingsaansoek indien vir die stigting van die voorgestelde dorp Kleinfontein Uitbreiding 1 op die betrokke gedeeltes van die plase Kleinfontein 368 JR en Donkerhoek 365 JR. Die aansoek moet voldoen aan artikel 16(4) van die Tshwane Metro se Grondgebruiksbestuursverordening en sal as nuwe aansoeke behandel word, met inbegrip van ’n volle openbare deelnameproses.

Die munisipaliteit sal die bestaande geboue, ingenieursdienste, infrastruktuur en verbeterings in ag neem en dit na die beste van sy vermoë en waar redelik moontlik binne die wetlike raamwerk akkommodeer.

Intussen sal geen verdere konstruksie of ontwikkeling van geboue, wonings of verbeterings plaasvind nie met die uitsondering van infrastruktuur wat deur die munisipaliteit vereis word. Daar sal ook nie nuwe aandeelblokke uitgereik word nie.

Sodra die sonering gefinaliseer is, moet die nodige aansoeke kragtens die Nasionale Bouregulasies binne ses maande ingedien word.

Die munisipaliteit se besluit om vanaf 1 September 2024 tariewe vir ontoelaatbare gebruik op die eiendomme te hef, is hersien en tersyde gestel. Die betrokke munisipale rekeninge is aangepas om die werklike huidige gebruik (residensieel, landbou of besigheid/kommersieel) te weerspieël.

Agterstallige bedrae sal binne 60 dae na die bevel vereffen word, en vorige rekeningdispute word as opgelos of teruggetrek beskou.

Genis het aan Nuusweek gesê hy weet daar is mense in die Tshwane Metro wat ongelukkig is oor die skikking.

“In wese het die hoofstroompolitici, die administrasie, die stadsbestuurder en ‘n klomp amptenary wel ingesien dat dit vir beide Kleinfontein en die metro van wesenlike belang is om die strydbyl te begrawe en saam te werk om ‘n geformaliseerde Kleinfontein daar te stel.”

Genis sê Kleinfontein se regsverteenwoordigers, Hurter Spies Ingelyf, het ‘n leidende rol gespeel om die skikking moontlik te maak.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-79-14-Aug-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Kragdag 2

Selfstandigheidsgids wil gesinne help om die eerste stap na groter selfstandigheid te neem

Lady Grey

VF Plus: Naamsveranderinge in Oos-Kaap is onnodig, verdelend en polities gemotiveerd

ChatGPT Image Aug 14, 2026, 08_46_41 AM

Brand by Bloedrivier bring gemeenskap byeen

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom skikking

Untitled design (28)

Nog winterkoue is moontlik, maar die lente is op pad

Ander Nuus Artikels

Placeholder_400x230
Wag-’n-bietjie-bos
Internasionale Perspektief nuut
Iran wil Trump in die middeltermyn aanvat
Bakkiefees
SA Bakkie en SNV Fees gaan weer brul
Kragdag 2
Selfstandigheidsgids wil gesinne help om die eerste stap na groter selfstandigheid te neem
Lady Grey
VF Plus: Naamsveranderinge in Oos-Kaap is onnodig, verdelend en polities gemotiveerd

Luister nou