Kunsmatige intelligensie kan binnekort ‘n belangrike rol speel om noodleniging vinniger en veiliger te maak.
Tegnologie is tydens die “AI for Good”-beraad in Genève bekendgestel wat hulporganisasies in staat stel om afstandbeheerde voertuie deur gevaarlike gebiede te stuur om noodhulp te lewer.
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram beplan om die voertuie vanaf 2028 in Uganda te toets.
KI word ook gebruik om satellietbeelde en anonieme selfoondata te ontleed om rampskade en grootskaalse bevolkingsverskuiwings vinniger op te spoor, sodat hulp meel doeltreffend gebied kan word.