Politieke partye het hulle kommer uitgespreek nadat die Tesourie aangekondig het dat hulle ongeveer R13,5 miljard van 69 munisipaliteite gaan weerhou om fiskale dissipline af te dwing en ongemagtigde of vrugtelose uitgawes in te perk. Die munisipaliteite is versprei oor al nege provinsies en sluit metro’s soos Johannesburg, Nelson Mandelabaai (Gqeberha), Buffalo City en Mangaung in.
Die Tesourie sê dit is ’n tydelike maatreël ingevolge artikel 216 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat bepaal dat die fondse beskikbaar gestel sal word as die munisipaliteite aan sekere voorwaardes voldoen.
ActionSA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Herman Mashaba, sê die Tesourie se besluit om fondse van die Johannesburgse stadsraad te weerhou, is nog ’n aanduiding van die finansiële krisis waarin die stad verkeer.
“ActionSA is baie bekommerd oor hierdie ontwikkeling aangesien die opskorting van die betalings ’n reuse-invloed op dienslewering en infrastruktuurprojekte kan hê.”
Volgens Mashaba is dit verder kommerwekkend dat Johannesburg onlangs ’n lening van R3,8 miljard van die Duitse KfW Ontwikkelingsbank ontvang het.
Mashaba sê inwoners van die stad moet antwoorde van die plaaslike regering eis.
’n VF Plus-lid van die wetgewer in die Vrystaat, Armand Cloete, sê 16 van die 19 munisipaliteite in die Vrystaat word deur die weerhouding van fondse geraak en sal inwoners wat reeds onder swak dienslewering gebuk gaan, verder benadeel.
“Die VF Plus steun streng finansiële dissipline, maar wil beklemtoon dat dissipline weinig beteken wanneer amptenare en politieke ampsdraers jaar ná jaar onwettige, onreëlmatige en vermorste uitgawes aangaan, klaarblyklik sonder enige aanspreeklikheid.”
Redaksie

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek-https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-74-10-Jul-2026.pdf