Luister nou

Kaapstad sal eie speurtak teen misdaad begin

Deur Walter Ernst

Die Kaapstad-metro gaan sy eie metropolisiespeurtak op die been bring om bendegeweld en misdaad hok te slaan.

Die DA-leier en burgemeester van dié metro, Geordin Hill-Lewis, het vandag ’n optog teen geweldsmisdaad op die Kaapse Vlakte gehou, waar nagenoeg 200 speurdeurposte tans onbeman is.

“Die 200 speurders is veronderstel om in ondersoek te stel na bendemoorde, verkragtings en rooftogte – waaronder die Zandkloofstraat-saak.

Maar hierdie sake vorder stadiger as wat hulle behoort, of vorder glad nie, omdat die persoon wat dit moes ondersoek, nie daar is nie,” sê Hill-Lewis.

Volgens Hill-Lewis, sal dié nuwe eenheid reeds net ná die verkiesing op 4 November met die opleiding van ondersoekers begin.

Hy sê dat die metro ook gereed vir ’n regstryd teen die nasionale regering is om die nodige ondersoekbevoegdhede af te dwing.

Hill-Lewis sê dat hy tydens sy termyn as burgemeester met drie polisieminister gewerk het wat leë beloftes gemaak het.

“Hulle het vir my die wêreld belowe, maar niks gelewer nie. Die feit is dat ons nasionale regering nie ernstig is om die stryd teen misdaad te beveg nie.”

Hill-Lewis sê hiermee dat die stadsraad wil verseker dat geweldsmisdadigers suksesvol vervolg en gevonnis word om veiligheid op die Kaapse Vlakte te herstel.

 

 

 

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou