Honderde EFF ondersteuners het in Oos-Londen, in die Oos-Kaap, bymekaar gekom om die leier van die party, Julius Malema, tydens sy voorvonnis hofverskyning vandag, te ondersteun.
Malema is skuldig bevind op aanklag dat hy wapenwetgewing oortree het, nadat hy skote tydens die party se verjaarsdagvieringe in 2018 afgevuur het.
Duisende van sy ondersteuners het van regoor die land gekom om hom te ondersteun en sal by die hof teenwoordig wees.
Die saak spruit uit ‘n voorval in Mdantsane in 2018, toe hy ‘n vuurwapen voor sy ondersteuners afgevuur het.
Die EFF het gisteraand ‘n nagwaak gehou en deur die strate van Oos-Londen gemarsjeer ter ondersteuning van Malema.
Malema beweer dat hy geteiken word en dat die saak gebruik word om sy politieke sienswyses stil te maak.
Fotokrediet: Freight News