Dit wil voorkom asof die Johannesburgse-metroraad nou weer voortgaan met pogings om Sandtonrylaan se naam na Leila Khaled-rylaan te probeer verander.
Leila Khaled is ‘n Palestynse aktivis.
Die Johannesburgse-metro het in Januarie vanjaar besluit om vir eers te wag met die naamsverandering wat reeds in 2018 deur die raad goedgekeur is.
‘n Mosie wat nou deur die DA raadslid, Lynda Shackleford gebring is, het misluk – ten spyte daarvan dat duisende inwoners teen die verandering gekant is.
Terwyl opposisiepartye aangevoer het dat die naamsveranderingsproses gebrekkig was, het die regerende koalisie aangevoer dat só ‘n verandering die stad se steun vir die Palestyne sal benadruk.
One Response
My bekommernis is dat “hulle” iemand wat n vliegtuig gekaap het en tereur veroorsaak het,het hulle daaraan gedink hoe voel die passasiers(wat nog lewe of familie van die passasiers oor haar voel,ek dink ons kommunistiese regering wil met alle mag ons land in n sosialistiese land wat nie gewerk het in Rusland verander.