Hoe lyk my jaarprogram?


Luister nou

Volgende

Hoe lyk my jaarprogram?

Nuuskommentaar: 15 Januarie 2024

Deur: Bennie van Zyl

Geleidelik ontsluit 2024 en begin besighede hul pogings vir 2024 om aan die einde van elke  maand winsgewend te wees.  Dit is noodsaaklik as toets van die markkragte ten einde volhoubaar te kan wees.  Dit verg beplanning in vele opsigte ten einde op die regte tyd die regte dinge te doen.  In hierdie proses word jaarprogramme opgestel ten einde te verseker dat belangrike afsprake of geleenthede nie misgeloop word nie.  Dit is elkeen se keuse wat word in die jaarprogram ingebou.  Dit gaan meebring dat daar aan verskillende aspekte tyd spandeer gaan word.  Hoe ons elkeen balans gaan nastreef is ons uitdaging.   

Besluite moet geneem word en is dit elk se persoonlike  verwysingsraamwerk wat hul sal rig om keuses te maak.  Hierdie verwysingsraamwerk kan vergelyk word met ‘n legkaart wat gebou word.  Vir ons as Christene is die fondament of basis van hierdie legkaart ons geloof in God Drie-enig.  Vanuit verskeie bronne verpak ons daagliks stukkies inligting in hierdie legkaart wat vir ons ‘n tipe prentjie skets wat vir ons die agtergrond gee vir besluitneming.  Watter bronne word gebruik?  Dit is belangrik vir elkeen om seker te maak dat geloofwaardige bronne gebruik word. 

Sosiale media bring vandag uiteenlopende standpunte na elkeen wat daarna wil kyk of luister.  Samesweringsteorieë is aan die orde en kan so maklik mense op sleeptou neem. 

Die ontleders oor 2024 dui reeds vir ons aan dat hierdie jaar baie onsekerhede gaan meebring.  Met ‘n verbrokkelende ANC wat alles in sy vermoë gaan doen om met die verkiesing te oorleef moet ons nie verras wees met ‘n verskeidenheid onrealistiese aankondigings of beplande wetgewing nie.  Die spelreëls vir die politieke pad vorentoe in hierdie jaar  kan maklik ontaard dat daar nie noodwendig enige etiese reël sal wees nie – die krane sal baie oop wees.   Soos in die verlede word die sosiale toelae afkomstig vanuit belastinggeld reeds deur die ANC ingespan dat indien die mense nie vir die ANC stem nie hulle dit sal verloor.  Dieselfde sal ook oor die HOP huise gesê word.  Daar is reeds op mnr Ramaphosa se lessenaar 6 stukke wetgewing wat net afgeteken moet word ten einde dit te kan implementeer wat insluit die Bela wetgewing, gesondheidsversekering sowel as die onteieningswet waarby ingesluit is onteiening sonder vergoeding.  Dit, tesame met alles wat nog gaan kom in hierdie verkiesingsjaar sal die fokus telkens wees om die ANC te red wat ten koste van Suid-Afrika se vooruitgang sal wees.

Te midde van hierdie potensiële chaos moet ons steeds ons legkaarte so verpak dat  ons verwysingsraamwerk ons lei na etiese keuses waar ons ons geloofwaardigheid behou en seker maak dat ons altyd onthou wat is die basis van ons legkaart waarop ons bou. 

Ongeag die uitkoms van die verkiesing moet ons altyd onthou dat daar hoër waardes is wat nagestreef moet word.  Mag dit ons deurentyd rig tydens die uitleef van 2024 se jaarprogram.  Mag elkeen se jaarprogram sodanig ingekleur  word dat daar aan die einde van die jaar met trots teruggekyk kan word na dit wat alles hierdie jaar vermag is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Hoe lyk my jaarprogram?


Luister nou

Volgende