Luister nou

Heinrich Marnitz bekroon met Platinum-toekenning

Deur Pretoria FM Nuusspan

20 November 2024

Die bekende omroeper en sportkommentator, Heinrich Marnitz, is gisteraand tydens Pretoria FM se algemene jaarvergadering met ‘n Platinum-toekenning bekroon. Dié toekenning vereer diegene wat oor baie jare diep spore in die uitsaaiwese en ook by Pretoria FM getrap het. 

Heinrich Marnitz ontvang sy toekenning.

Heinrich se verering volg 51 jaar nadat hy vir die eerste keer sportkommentaar oor die radio in Afrikaans gelewer het. Later was hy ook by die SAUK organiseerder van sportkommentaar vir die radio. As radiolegende het hy verskeie toekennings vir sy werk as uitsaaier ontvang en sal altyd bekend wees as die eerste omroeper wat Afrikaans gepraat het toe televisie in Januarie 1976 amptelik met uitsendings begin het.

Heinrich se loopbaan het in Nederland begin (vanwaar Afrikaans destyds ook uitgesaai is). Hy vertel dat hy die SAUK se destydse streng toets gedop het en toe maar eers Nederland toe is. In 1968 sluit hy toe wel by die SAUK aan en werk daar vir 29 jaar. Maar in 1997 besluit hy om sy eie potjie as bemarker en vryskut te krap. Dit maak toe die deur oop vir sy lang verbintenis met Pretoria FM.

Heinrich bied daagliks die internasionale nuus-segment in Klankkoerant aan en sy gewilde musiekprogramme kry besondere terugvoer van luisteraars. Hy het ook  altesame 163 rugbytoetse uitgesaai het (op die destydse Afrikaanse Diens en Pretoria FM. Ander rugbywegstryde tel in die hoë honderde. Op Wimbledon was hy dertien keer as kommentator.

Heinrich het ook ‘n paar keer ‘n buiging op die silwerskerm gemaak. Dié rolprenter sluit in Jamie Uys se Dirkie en Franz Marx se En dit was aand en dit was môre.

Vandag tree hy ook as ‘n mentor op en help met opleiding en afronding van jong omroepers by Pretoria FM.

Deur hierdie Platinum-toekenning word erkenning verleen aan Heinrich Marnitz vir sy uitsonderlike diens gelewer aan Pretoria FM, deurdat hy deur sy jarelange aktiewe betrokkenheid en ondersteuning ‘n wesenlike rol vervul het in die strewe om Pretoria FM te laat groei en van krag tot krag te laat gaan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: IG

Oliepryse styg weer skerp

Fotokrediet: AfriForum

Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop

Fotokrediet: Africa Intelligence

Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek

Selby Mbenenge

RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Tech Central
SAUK beplan om lisensiestelsel te vervang
Aerial view of Cape Town, South Africa on a sunny afternoon. Photo taken from a helicopter during air tour of Cape Town
Honderde duisende toeriste besoek SA in Junie
Fotokrediet: hafen-hamburg
Groot olietenksip in Durban se droogdok
Fotokrediet: IG
Oliepryse styg weer skerp
Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop

Luister nou