Luister nou

Groep vra maatreëls teen boelie by skole

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die onderwysaktivistegroep, Equal Education het ‘n beroep op die regering gedoen om psigo-sosiale maatreëls in te stel om te verseker dat boelie by skole uitgeroei word.

Die organisasie se pleidooi aan die departement van basiese onderwys volg ná die beweerde voorvalle van aanranding en boeliegedrag by die Milnerton High School.

Die agt graad-11-leerlinge van die skool het vroeër in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer verskyn, nadat ‘n video op sosiale media verskyn het wat wys hoe hulle ‘n 16-jarige seun aanrand.

Die organiseerder van Equal Education, Makanatsa Ziyambi, sê die regering het ‘n maatskaplike verantwoordelikheid om boeliegedrag in skole in die kiem te smoor.

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het intussen bevestig dat Milnerton High die regte prosedure gevolg het toe voorvalle van beweerde boeliegedrag verlede week by die skool aangemeld is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou