Luister nou

Groep vra maatreëls teen boelie by skole

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die onderwysaktivistegroep, Equal Education het ‘n beroep op die regering gedoen om psigo-sosiale maatreëls in te stel om te verseker dat boelie by skole uitgeroei word.

Die organisasie se pleidooi aan die departement van basiese onderwys volg ná die beweerde voorvalle van aanranding en boeliegedrag by die Milnerton High School.

Die agt graad-11-leerlinge van die skool het vroeër in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer verskyn, nadat ‘n video op sosiale media verskyn het wat wys hoe hulle ‘n 16-jarige seun aanrand.

Die organiseerder van Equal Education, Makanatsa Ziyambi, sê die regering het ‘n maatskaplike verantwoordelikheid om boeliegedrag in skole in die kiem te smoor.

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het intussen bevestig dat Milnerton High die regte prosedure gevolg het toe voorvalle van beweerde boeliegedrag verlede week by die skool aangemeld is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Mponeng-myn

WNNR toets KI-toepassing vir rotsveiligheid in mynbou

Fotokrediet: Times of Eswatini

Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand

Fotokrediet: BBC

Wares verskyn vandag in Wynberg

Ander Nuus Artikels

Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende
Kokaïen 6
SAID lê beslag op reusedwelmvonds
Betoging - March and March
Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting
Fotokrediet: Medium
Skaars haai spoel in die Weskus uit

Luister nou