Luister nou

Griekwastad-moordenaar kry parool

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die Griekwastad-moordenaar, wat op Goeie Vrydag in 2012 drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas, Naauwhoek doodgeskiet het, se parool is toegestaan.

Die oortreder se paroolaansoek is glo gister voor die paroolraad by die Upington Korrektiewe Sentrum aangehoor.

Dít kom nadat sy vorige paroolaansoek in Desember 2023 nie geslaag het nie.

Die man, nou 29-jaar oud, was 15 toe hy die Griekwastadse boer, Deon Steenkamp, sy vrou, Christel en hul dogter, Marthella doodgeskiet het.

Hy is in 2014 vir 20 jaar tronk toe gestuur vir die drie moorde asook vir verkragting, omdat hy glo die 14-jarige tienermeisie in aanloop tot die moorde verkrag het. Die verkragting is ook as motief voorgehou omdat hy dit glo wou stil hou.

Hy mag weens wysigings aan die Strafproseswet nie geïdentifiseer word nie, aangesien hy minderjarig was toe die misdrywe gepleeg is.

Dit blyk wel onwaarskynlik te wees dat hy voor Kersfees die tronk se hekke agter hom sal hoor toegaan.

Sy paroolgoedkeuring kan nog op hersiening geneem word, indien die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, ná deeglike ontleding van die oortredersprofiel só besluit.

Netwerk24 het vroeër berig dat hy – sou hy vrygelaat word – by sy voormalige voog in die Noord-Kaap sal gaan woon.

Fotokrediet: Marizka Coetzer

Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Nie almal is swemmertjies nie!
Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Luister nou