Luister nou

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Deur Walter Ernst

Die week se topverkopers:

10 ’n Ierse Knoop – Elsa Winckler    

9 Uit die Beek 2027 – Stephan Joubert     

8 ’n Knippie moord – Elsa Winckler

7 Pompeii – Bets Smith

6 Historiese Almanak – Albé Grobbelaar    

5 Bethulie – Rensche van der Walt   

4 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert 

3 Grensloos – Wilna Adriaanse 

2 Van man tot man – Olive Schreiner 

1 Jagspinnekop – Erla Diedericks 

 

Net na die storm – An-Mari do Carmo. R190, Lapa Uitgewers

https://graffitibooks.co.za/products/9780637012577

Drie graadneges is op pad KwaZulu-Natal toe vir ’n wetenskap-ekspo. Chloe, Mbali en Dante ken mekaar nie regtig so goed nie, maar hierdie reis gaan alles verander … Die ekspo skop af te midde van swaar reën, en halfpad deur die oggend kom die waarskuwing om die area te ontruim weens dreigende vloede en oorstromings.

Meneer Theron probeer haastig om die kinders veilig te kry, maar dan word die bus deur ’n vloed meegevoer en hulle moet veg vir hulle lewens.

Meneer Theron help hulle om uit die rivier te kom, maar verdrink in die proses, en juffrou Siboto is self ernstig beseer. Hulle kry vir die aand skuiling in ’n stappershuisie in die bos, maar voor hulle verder kan stap, word hulle deur die water vasgekeer. Met net ’n paar blikkies kos, ernstige beserings en geen werkende selfone nie, moet hulle probeer oorleef tot redding kom … ás dit kom. ’n Naelbyt-oorlewingsavontuur wat tieners op die punt van hul stoel gaan hou!

 

Uit die Beek 2027 – Stephan Joubert. R280, Lux Verbi

https://graffitibooks.co.za/products/9780796324023

Hy dra ons altyd. Elke dag.

Uit die Beek bied al generasies lank geestelike leiding en inspirasie vir gelowiges. Hierdie jaar is ons tweede jaar in die reis van vier jaar wat ons deur die Bybel lees.

In hierdie uitgawe lees ons uit Eksodus, die Psalms, Spreuke, Rigters, Job, Amos en Jeremia. In die Nuwe Testament lees ons uit Matteus, Hebreërs, Efesiërs, Jakobus, 2 Korintiërs en Filemon.

Soos gewoonlik word die belangrikste seisoene van die kerkjaar in ag geneem met ’n spesiale boodskap vir Lydenstyd, Paasfees, Pinkster, Koninkrykstyd, Advent en Kersfees.

Mag jy, liewe leser, vanjaar opnuut hoor dat jy aan Jesus Christus behoort, dat die Here by jou is, dat sy genade vir jou genoeg is en dat Hy jou dra.

’n Saak van liefde of dood – Owen Salmon, vertaal deur Frederik de Jager. R285.

https://graffitibooks.co.za/products/9781049278308

Peter Truman is ’n geliefde gesinsman en leidende figuur in die Kaapse regsgemeenskap, ’n man alom geloof en bewonder. Nou moet hy binne enkele dae getuig in die geregtelike ondersoek na die geheimsinnige dood van sy gesin se au pair.

Die verhaal van ’n Saak van liefde of dood word deur twee lense vertel, een in die hede en die ander terugskouend. Dit peil die kragtige, duister demone uit Peter se verlede wat hy gedwing word om die stryd aan te sê onderweg na sy grootste persoonlike oorwinning.

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.

 

KOMPETISIE

Antwoord die volgende vraag:

Wie het Uit die Beek 2027 geskryf?

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997

Inskrywings sluit Maandag 24/08/2026

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

 

Verlede week se wenner was Lynette Gouws van Benoni. 

Gewilde Nuus

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Tshwane-logo

Koalisies in al die metro’s verwag

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere
Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Ernst Roets
3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag
Voorblad
AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Luister nou