Luister nou

Graffiti-boekeblad 14 Augustus 2026

Deur Redaksie

Boekeblad:

Die week se topverkopers

10 Daardie lewe: Karel Schoeman – Ria Winters

9 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler

8 Enigma – Rudie van Rensburg

7 Pompeii – Best Smith

6 Van man tot man – Olive Schreiner; vertaal deur Antjie Krog

5 Bethulie – Rensche van der Walt

4 Jagspinnekop – Erla Diedericks

3 Grensloos – Wilna Adriaanse

2 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

1 My hart klop so – Rachelle Fourie

 

Oom Alfie, jy lieg mos nou! – Sophie Schoenwald. R100, Fantasi

Illustreerder: Günther Jakobs

https://graffitibooks.co.za/products/9781997447061

Wat gaan vandag met Oom Alfie aan? Hy wil net lawwe liegstories vertel!
“Sebras het koeëlronde kolle!” sê hy.
Maar almal weet tog dit is nie waar nie!
Sebras het nie kolle nie … of hoe?
Kan jy vir Natie help met die waarheid?
’n Saamdoenboekie vol pret en raaisels!

 

Help Leeu sy tande borsel! – Sophie Schoenwald. R100, Fantasi

Illustreerder: Günther Jakobs

https://graffitibooks.co.za/products/9781997447054

Meneer Leeu het dringend hulp nodig:
Hy het lanklaas sy tande geborsel. En alleen kan hy dit nie regkry nie!
Kan jy hom help?
Natie Peperment Krimpvarkie wys vir jou wat om te doen.
Só is dit pret om te leer hoe om tande te borsel!
’n Saamdoenboekie met kielie, gorrel en tande borsel.

 

My hart klop so – Rachelle Fourie. R320, LUCA

https://graffitibooks.co.za/products/9781779881182

Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish!, waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besondere lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit.

In haar vroeë twintigs moes Rachelle ’n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met ’n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.

Deesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as ’n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.

 

Van man tot man – Olive Schreiner; vertaal deur Antjie Krog. R380, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798185448

From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, onder meer een deur Dorothy Driver, met ’n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.

Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self ’n gepaste slothoofstuk geskryf. Die roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter Antjie Krog.

Van man tot man is ’n besonder leesbare roman, en ’n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van ’n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie.

Die verhaal speel af in die 1860’s en volg die lewens van twee boeresusters, Rebekah en Bertie, wat grootword op ’n plaas in die Groot-Karoo. Rebekah trou met ’n sakeman en verhuis na Kaapstad, terwyl Bertie deur ’n ouer diamanthandelaar na Londen geneem word waar sy in afsondering leef.

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.

Jy kan ook die boeke aankoop by Graffiti Books in Zambezi Junction, Montana. Die kodewoord om te kwalifiseer vir die afslag is Nuusweek.

 

KOMPETISIE

Antwoord die volgende vraag:

Wie is die skrywer van My hart klop so?

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.

Inskrywings sluit Maandag 17/08/2026.

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Verlede week se wenner: Annari van Aarde van Pretoria.

Gewilde Nuus

Ramaphosa-besigheidsberaad

Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit

Fotokrediet: The Citizen

SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

BenTzur en Ori - Instagram

Twee jong leeus is nou Vrystaters

Brandstofstygings

R10 mjd. om motoriste teen brandstofpryse te buffer

Bedrog - GWK ECE

SA het hoogste aantal beroepsbedrog in Afrika

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes SAPD-design
Honderde ongerymdhede in polisie se leefstyloudits bespeur
Fotokrediet: Wikipedia
Afrikaanse Taaldag word herdenk
Ramaphosa-besigheidsberaad
Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit
Fotokrediet: The Citizen
SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip
BenTzur en Ori - Instagram
Twee jong leeus is nou Vrystaters

Luister nou