Luister nou

Globale risiko’s gaan toeneem in 2024

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 10 Januarie 2023

Deur: Jaco Kleynhans

Die Brits-Amerikaanse historikus William Woodruff het ’n paar jaar gelede reeds geskryf dat die voortdurende aggressiwiteit van beide individue en state ten grondslag van alle geskiedenis lê.

Die meeste internasionale ontleders is dit eens dat 2023 ’n jaar van groeiende globale onsekerheid en vrese vir meer konflik was. Vrese vir meer konflik en oorlog oor die volgende paar jaar is ook nie ongegrond nie.

Indien ons realisties is oor die motiewe van leiers, die feilbaarheid van mense en die redes vir huidige globale uitdagings, kan ons 2024 en wat moontlik vanjaar vir die wêreld voorlê, probeer verreken.

Die volgende vyf dinge sal sonder twyfel ’n reuse-invloed op die globale verhoog in 2024 hê. Die eerste belangrike reeks gebeure is verkiesings wat in tientalle lande regoor die wêreld gaan plaasvind. Vir die eerste keer ooit sal meer as die helfte van die wêreld se bevolking in een jaar verkiesings in hulle lande aanskou. In sommige lande soos Rusland, Belarus, Azerbaidjan en Tsjad vind verkiesings bloot as ’n rookskerm plaas om die persepsie van demokrasie te skep.

In baie ander lande soos die Verenigde State van Amerika, Brittanje, België, Oostenryk, Taiwan, Mexiko, Uruguay, Indië en selfs Suid-Afrika, kan vanjaar se verkiesings wesenlike implikasies vir die onderskeie lande, maar ook in hulle streke en selfs globaal hê. Demokrasie was in 2023 op die agtervoet met grootskaalse agteruitgang in gesonde demokratiese instellings in verskeie wêrelddele.

Die tweede belangrike kwessie wat ons vanjaar moet dophou, is die gesondheid van die globale ekonomie. Die Verenigde Nasies, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds voorspel almal ’n verlangsaming in die globale ekonomie. Dit gaan veral vir ontwikkelende lande soos Suid-Afrika groot uitdagings skep.

Die derde kwessie wat ons vanjaar moet monitor, is die mate waartoe huidige konfliksituasies in groter oorloë kan ontaard. Die grootste risiko’s is sekerlik tans in die Midde-Ooste met Israel se militêre operasie in die Gazastrook. Hezbollah in Libanon het reeds sy aanvalle op Israel begin opskerp. Iran se kernprogram vorder fluks en die kanse vir ’n groter streeksoorlog bly verdiep. So ook sal spanning in Asië, veral tussen China en sommige van sy buurlande, en huidige oorloë in Afrika in 2024 reuse-uitdagings bly skep.

Die vierde kwessie wat vanjaar globale impak sal hê, is die magstryd tussen die Weste en Rusland en China. Rusland is op die voorvoet in sy oorlog in die ooste van Oekraïne. China se president Xi Jinping tree toenemend selfgeldend op. Hoe die Weste, met verswakte leierskap, hierop gaan reageer, is steeds onseker.

Vir ons in Suid-Afrika kan die uitdagings van die Afrika-kontinent nie misgekyk word nie. Die Afrika-kontinent het gedurende die 1990’s en vroeë 2000’s sterk ekonomiese groei en ’n beweging na meer demokratiese, stabiele regerings ervaar. Die afgelope tyd het hierdie positiewe tendens tot ’n einde gekom. Terwyl die bevolking van talle Afrika-lande skerp groei, ervaar Afrika tans ’n ekonomiese verlangsaming, ’n toename in outoritêre regerings en meer konflik en oorlog. Dit gaan uiteindelik die hele kontinent raak en ook die risiko vir terreur en massa-emigrasie uit Afrika verhoog.

Elke nuwe jaar is ryp aan geleenthede en risiko’s. 2024 is geen uitsondering nie. Die beste manier om die nuwe jaar aan te pak, is om deeglik ingelig te wees oor die globale veranderlikes en dit in jou planne te verreken.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou