Luister nou

Gesondheidsdepartement sal R3-miljard ontvang vir NGV

Deur Pretoria FM Nuusspan

11 November 2024

Die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal oor die mediumtermyn nagenoeg R3-miljard kry om voor te berei vir die volle inwerkingstelling van dié skema.

’n Bedrag van R2,5-miljard is as basislyn vir ’n indirekte toekenning oor die 2025 mediumtermyn-bestedingsraamwerk toegeken en die direkte NGV-toelaag is sowat R460-miljoen per jaar.

Volgens die tesourie wil die nasionale Departement van Gesondheid poog om die openbare gesondheidsorgstelsel te versterk ter voorbereiding vir die implementering van NGV.

Die tesourie se begrotingshoof, Edgar Sishi, sê die doel van die toekenning sluit die ontwerp van NGV in deur innoverende toetsing van nuwe hervormings – en die verbetering van die gehalte van dienste by primêre gesondheidsorgfasiliteite.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou