Luister nou

Gesoek: Mark Duffar-Roberts skuldig bevind aan verkragting van ‘n minderjarige

6 Februarie 2025

‘n Gautengse man wat skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjare, Mark Duffar-Roberts, word deur die polisie gesoek, nadat hy nie vir sy vonnisoplegging by die hof opgedaag het nie. 

‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik vir minagting van die hof. 

Hy ontduik sedertdien die owerhede.  

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) glo dat hy nog in die Centurion-omgewing beweeg en doen ‘n beroep op die publiek om enige inligting oor Duffar-Roberts aan te meld.

Duffar-Roberts is 39-jaar oud, het groen oë en verskeie tatoeëermerke.

Saaknommer: LYTTELTON CAS 159/05/2019

Ondersoekbeampte: Adjudant Offisier (A/O) Nel

Polisiestasie: SAPS Moot, Gauteng

Kontaknommer: 071 675 7490

Die Polisie sê indien enige iemand inligting oor sy ligging het, moet hulle hom nie self probeer nader nie, onmiddellik die ondersoekbeampte of naaste polisiestasie kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Swemmers

Atlete aan land ná 74km-seeswemuitdaging vir liefdadigheid

Case1

Dié stroper streef na doeltreffendheid

Fotokrediet: Time

AfriForum vra duidelikheid oor die Guptas

Fotokrediet: African Arguments

Jacob Zuma gaan appelleer

Fotokrediet: Adobe Stock

Solidariteit eis rasvryheid teen 2030

Ander Nuus Artikels

Pieke
Vrou (66) se uitdaging: 13 pieke per week vir 13 weke vir liefdadigheid
Kristof Slagmulder
Vlaminge bekommerd oor aanval op Grondwet
Cyril Ramaphosa
Wat nou vir Ramaphosa?
Swemmers
Atlete aan land ná 74km-seeswemuitdaging vir liefdadigheid
Case1
Dié stroper streef na doeltreffendheid

Luister nou