Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

Gee die huwelik terug aan die Here

Nuuskommentaar: 26 Januarie 2024

Deur: Mari Oosthuizen

Christopher Panayiotou, Jason Rohde en nou – Werner de Jager.

Twee van hierdie mans het in 2015 en 2016 vir groot opspraak in die media gesorg nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle, hulle vroue vermoor of laat vermoor het.

Hierdie mans is op die oog af suksesvolle mans, met sprokieshuwelike, maar agter geslote deure sal niemand ooit werklik weet wat gebeur nie.

Die moord op ‘n dominee van Amanzimtoti het in 2021 vir opspraak gesorg nadat haar liggaam in die oprit van die NG Kerk se pastorie gevind is. Sy het gaan draf, en is met haar terugkeer oorrompeln en verwurg.

Ds. Liezel de Jager se selfoon en ander besittings was nog by haar. Soos in soortgelyke gevalle word daar eerste na die man of kêrel gekyk.

Dit sou egter twee jaar neem voordat mense se gefluister en vermoedens te voorskyn kom toe Werner de Jager in Desember 2023 in hegtenis geneem is in verband met haar moord. Dit het gou aan die lig gekom dat Werner ‘n depressie-lyer was en dat die predikantspaar se huwelik nie noodwendig so rooskleurig was nie.

Dominee Liezel se ouers, Henk en Salomé van Zyl het na die inhegtenisneming van hulle skoonseun gesê dat hulle dogter gereeld gekla het oor hulle huweliksprobleme. Henk het toe gesê dat Werner ‘n gevaar vir homself en sy kinders inhou.

Die skokonthullings sou egter nie hier einde kry nie. Hy het reeds vroeg in die nuwe jaar vir die eerste keer in die landdroshof verskyn waar sy stories reeds verskil het van dit wat hy aanvanklik aan die polisie gesê het.

In sy aanvanklike verklaring het hy gesê dat hy nog geslaap het toe sy vrou vermoor is, maar data van sy slimhorlosie het egter getoon dat hy reeds honderde tree gegee het in die oggend kort voor Liezel vermoor is.

Dit het gister in die hof uitgekom dat hy kort na die moord reeds navraag gedoen het by sy makelaar oor die voordele van ’n lewensversekeringspolis wat aan hom sou uitbetaal in die geval van haar dood.

Volgens hofstukke is twee lewenspolisse uitgeneem is enkele maande voor Liezel se dood

Dus het hierdie, soos in talle gevalle van gesinsmoorde, geblyk dat geld die motivering kon wees.

‘n Skokonthulling, wat gister in die hof gemaak is, het waarskynlik as ‘n verrassing gekom vir elkeen wat die egpaar geken het. Volgens berigte het Werner glo ‘n verhouding met ‘n ander man gehad het ten tyde van die moord op sy vrou.

Die eintlike motief vir die moord, en of hy wel daaraan skuldig is word nog in die hof aangehoor.

‘n Patroon, soos soveel ander soortgelyke moorde hier en internasionaal, kan nou bespeur word. Soos in die geval van Panayiotou en Rohde was daar na bewering ‘n buite-egtelike verhouding betrokke.

Soos die Brit, Shrien Dewani wat in 2010 saam met sy vrou, Anni wittebrood in Suid-Afrika kom hou het, het bespiegelinge gou begin om die ronde te doen dat hy in ‘n verhouding met mans is.

Alle aanklagte teen hom is in 2014 laat vaar en hy woon reeds vir die afgelope paar jaar saam met sy manlike lewensmaat, Gledison Lopez Martins in Londen.

Daar kan aangeneem word dat Shrien bang was om sy seksualiteit bekend te maak weens sy grootwordjare in ‘n tradisionele Hindu-huishouding.

Net so – indien die bewerings waar is – sou dit waarskynlik nie goed ontvang word indien ‘n Ng-kerk-predikant se man as gay uitkom nie.

Nou moet die vraag gevra word. Wat gee aanleiding tot hierdie moorde? Is dit vir ons as ‘n wêreld té moeilik om mense te aanvaar as hulle anders as ons is? Trou mense te vinnig of vir die verkeerde redes?

Miskien moet ons – soos die Here dit bedoel – die huwelik terugbesorg aan Hom end it ‘n heilige instelling maak soos wat die Here dit wou gehad het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende