Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Gebrek aan gemeenskapstrots ‘n pandemie wat lewens vernietig

Nuuskommentaar: 2 Augustus

Deur: James Kemp

Daar is al heelwat berig oor die skade wat tydens die onlangse onluste aangerig is.

Daar is met ongeloof gekyk hoe inwoners in sekere woonbuurte die plaaslike winkels stormgeloop het en hulself aan elektroniese ware en kos gehelp het. Die skade is nog nie ten volle vasgestel nie maar daar kan reeds met sekerheid gesê word dat dit tot groot skade aan winkeleienaars en werksverliese sal lei.

Diegene wat aan die strooptogte deelgeneem het, het baie meer as net `n plundermentaliteit openbaar. Die feit dat hulle nie gehuiwer het om die winkels in hulle omgewing te vandaliseer en beroof nie dien as `n bewys dat hulle nie gepla was met die gevolge wat hulle dade vir daardie gemeenskap ingehou het nie. Neem byvoorbeeld die feit dat die gemeenskapsradiostasie Alex FM wat vanuit Alexandra uitsaai so geplunder en besteel is dat hulle hul uitsendings moes onderbreek. En toe hulle weer hulle bedrywighede hervat was dit nie vanuit `n ateljee in Alexandra nie maar vanuit Sandton.

Dit is egter nie die enigste voorval waar reuse skade aangerig is nie. Daar was ook die afgelope week berigte oor byna 200 skole in die Oos-Kaap wat gedurende die afgelope wintervakansie gevandaliseer is. Nie alle skole se personeel was bewus van die skade nie en het dit eers agtergekom toe die skole Maandag heropen het. Onderwyspersoneel by ’n skool in Butterworth en een in Centane het Maandagoggend ontdek inbrekers het die skool se deure oopgedwing en onder meer skootrekenaars, elektriese toerusting en kontant gesteel. Hierdie is nie skole in welvarende woonbuurte waar die toerusting spoedig vervang word nie. Dit sal baie lank neem voor die skole weer in `n posisie sal wees om die goedere aan te koop. Indien hulle ooit weer sal wees.

Die vandalisering van besighede en die diefstal by skole is simptome van een van die vernietigendste pandemies van alle tye – `n gebrek aan gemeenskapstrots. Die plundery staan in skrille kontras met gemeenskappe waar die inwoners wel trots openbaar en ingetree het waar die polisie te kort gekom het. Dit is in daardie gemeenskappe wat die inwoners besef dat winkels wat geplunder word gaan lei tot werksverliese. En dat daar daardie werksverliese weer `n invloed op die breër gemeenskap het. Dit is daar waar inwoners besef dat `n goeie opvoeding `n belegging is in die toekoms van die kinders in die gemeenskap. En dit is daar waar hulle sal verseker dat niemand buit maak van die toerusting by `n skool nie. En behoede die wat dit wel waag.

Ons hoor te dikwels dat daar oor nasiebou en nasionale trots gepredik word terwyl Suid-Afrika in werklikheid `n gemeenskap van gemeenskappe is. Elk uniek en elk met sy eie uitdagings en geleenthede. En as daar nie eienaarskap geneem word van daardie gemeenskappe nie is daar geen manier dat die groter Republiek voorspoedig sal wees nie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende