Luister nou

Gautengse boer oorleef ‘n plaasaanval

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Boer in sy vyftigs van Westonaria – aan die weste van Gauteng – sterk in die hospitaal aan nadat hy Sondagoggend drie keer raaksgeskiet is tydens ‘n plaasaanval.

Adriaan Vos sê sy honde was omstreeks 01:00 onrustig waarna hy ondersoek ingestel het.

Vos het van die aanvallers probeer wegjaag, maar is by ‘n hek voorgelê waar hulle op hom geskiet het. Hy is een keer in die skouer gesit, en die koeël sit nou langs sy long. Hy is ook twee keer in die been geskiet.

Netwerk24 berig dat hy daarin kon slaag om hulp by ‘n buurman te kry en dat sy opstal heeltemal afgebrand het nadat dit deur die aanvallers aan die brand gesteek is.

Vos het verder aan die nuusdiens gesê dat hy dankbaar is vir elke sekonde wat hy leef nadat hy die aanval oorleef het.

Een van sy drie honde het doodgebrand en hy het ook troetelvoëls in sy huis gehad.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou