Die Europese Strafhof het beslis dat Hongarye se omstrede anti-LGBTQ-wet van 2021 in stryd is met die waardes en wette van die Europese Unie.
Die hof het bevind dat die wet, wat die “bevordering van homoseksualiteit” onder minderjariges verbied, menseregte en die beginsels van gelykheid en menswaardigheid skend.
Die saak, een van die grootste menseregtesake in die EU, is deur die Europese Kommissie, verskeie lidlande en die Europese parlement aanhangig gemaak.
Menseregtegroepe het die uitspraak as histories verwelkom.
Die nuwe Hongaarse regering, onder leiding van Peter Magyar, sal nou moet besluit of die wet herroep word.