Luister nou

Europese leiers reageer op Trump se tarief-verhogings

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Europese-leiers het teruggekap teen die VSA president Donald Trump se dreigement dat hy tariewe gaan instel vir lande wat teenstand bied oor sy begeerte om Groenland in te neem.

Die Italiaanse regsleier Giorgia Meloni het Washington gewaarsku en sê dit sal ekonomies skadelik wees om Europa te straf.

Sy beklemtoon ook dat probleme met kommunikasie- en begrip tussen Europa en die VSA ontstaan het en dat die Noord-Atlantiese Verdrags Organisasie, NAVO ’n aktiewe rol moet speel.

Die Britse eerste minister Keir Starmer beplan intussen om die saak met Trump te bespreek, terwyl Frankryk se president Emmanuel Macron die Europese Unie gevra het om sy nuwe “anti-afdwinging-meganisme” in te span wat invoere van goedere en dienste beperk.

Trump het aangekondig dat hy vanaf 1 Februarie ’n 10-persent tarief hef op goedere uit Denemarke, Noorweë, Swede, Frankryk, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Nederland en Finland, en dit op 1 Junie na 25-persent verhoog totdat ’n ooreenkoms vir die volledige aankoop van Groenland bereik word.

Europese ministers waarsku egter dat die tariewe trans-atlantiese verhoudings kan ondermyn en selfs gevaarlike gevolge vir Amerikaanse boere en nyweraars kan hê.

Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek
Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Luister nou