Luister nou

Ekurhuleni-metro wil 3-duisend ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Ekurhuleni-metro het ’n groot veldtog van stapel laat loop om sowat 3-duisend metropolisiebeamptes te ondersoek na bewerings van omvangryke korrupsie wat tydens die Madlanga-kommissie van ondersoek aan die lig gekom het.

Die proses het gister begin en en sluit biometriese vingerafdrukskanderings en agtergrondondersoeke in om te bepaal of beamptes met misdadige bedrywighede verbind kan word.

Die veldtog volg op korrupsie-aanklagte teen senior EMPD-beamptes, insluitend die voormalige hoof, Julius Mkhwanazi, wat glo bande met die beweerde misdadiger, Vusimuzi “Cat” Matlala het.

Ander beamptes word daarvan beskuldig dat hulle ’n persoon vermoor en van die liggaam probeer ontslae raak het.

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) sê intussen daar is geen regverdiging vir die ondersoeke nie en beskryf dit as ’n skending van werkers se regte.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou