Luister nou

Ekstra skoolvakansie op pad weens nasionale vakansiedae

Deur Pretoria FM Nuusspan

Suid-Afrikaanse skole is in April vir net 12 amptelike skooldae oop weens spesiale, skoolvakansiedae, wat tussendeur Suid-Afrika se vakansiedae geld.

Dié spesiale vakansiedae saam met die nasionale vakansiedae beteken dat leerlinge en personeellede dié maand ‘n ekstra week se ruskans gegun word.

Die spesiale skoolvakansiedae val op Dinsdag, 29 April, Woensdag, 30 April en Vrydag, 2 Mei. Die departement van basiese onderwys se woordvoerder, Elijah Mhlanga sê die 2025-skoolkalender  is reeds drie jaar gelede saamgestel.

Hy sê April is nog altyd ‘n uitdaging weens die hoeveelheid vakansiedae, veral wanneer dit in die middel van die week val. Mhlanga meen die departement het dit eerder omskep in ‘n ektra week van vakansie sodat leerlinge se produktiwiteit nie onderbreek word nie.

Die vakansie is vanaf 28 April tot 5 Mei. Mhlanga het benadruk dat die ekstra vakansie nie die res van die jaar se skoolkalender gaan raak nie, en dat kinders steeds die minimum 200 amptelike skooldae agter doe banke sal moet wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou