Luister nou

E-tol-skuld sal afgeskryf word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die regering het onderneem om alle uitstaande e-tol-skuld amptelik af te skryf.

Volgens die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sal die Nasionale Tesourie die uitstaande finansies oorneem.

Dié besluit volg nadat die kabinet die amptelike beëindiging van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek goedgekeur het. Dit beteken dat die invordering van alle agterstallige e-tol-skuld onmiddellik gestaak word en gepaardgaande regsaksies laat vaar sal word. Dit volg op die aanvanklike opskorting van die stelsel in April 2024. 

Ntshavheni het dit egter duidelik gemaak dat motoriste wat in die verlede getrou betaal het, geen terugbetalings sal ontvang nie, aangesien die wetgewing destyds geldig was.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Binnelandse sake vra burgers se hulp

Griekwastad-moordenaar 2

Griekwastad-moordenaar se parool herroep

PhalaPhala

Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor

Fotokrediet: CBC

Slegs 14% statutêre verkragters skuldig bevind

Fotokrediet: The Citizen

SA Jagters vra dat definisie geskrap word

Ander Nuus Artikels

Pretoria-hooggeregshof
SA wil wapenuitvoere na die VSA staak
Fotokrediet: The Mail and Guardian
Vissers langs die Weskus sê nee vir opnames
Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake vra burgers se hulp
Griekwastad-moordenaar 2
Griekwastad-moordenaar se parool herroep
PhalaPhala
Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor

Luister nou