Luister nou

Dit is weer kuiertyd op Kaapschehoop by die Innibos Boekenaweek

Deur Redaksie

Die vierde Innibos Boekenaweek word vanjaar van 28-30 Augustus op Kaapschehoop aangebied en naweekgangers kan ’n stewige aanbod niefiksie oor aktuele kwessies verwag.

Fiksie bly egter nie agter nie en die Karoo se melktertbakker en aweregse speurder tannie Maria bring haar skrywer, Sally Andrew, eindelik Laeveld toe met die nuutste misterie wat opgelos word in Wild things never die.

Die ATKV lei die naweek reeds op Donderdag 27 Augustus in met ’n poësiewerkwinkel vir volwassenes. Dit word aangebied deur Tom Dreyer en Jennifer Pape en kan bespreek word by Ronel Grundlingh by [email protected]. Dit kos R300 pp en sluit ’n ligte middagete in.

Op Vrydagoggend 28 Augustus skop die boekprogram om 9:30 af in die kapel langs die Nagkantoor Kuierkroeg. Die ganse Vrydagprogram word gewy aan niefiksie, met opspraakwekkende boeke soos Zama Zama: Inside the illicit mining underworld deur Graham Coetzee en die eerste bekendstelling van Chris Marnewick, SC, se Oscar Pistorius: The BIG Lie and the right to a fair trial. In dié boek neem Marnewick verskeie leemtes in die hofprosedures van die Pistorius-saak onder die loep. Joernalis Jana van der Merwe, wat volledig verslag gedoen het oor die hofsaak, sal die gesprek lei.

Diegene wat dr. Pieter Mulder se lekker gesels oor sy boek Parlementpraatjies tydens Innibos vanjaar misgeloop het, het weer ’n kans en dié keer bring hy skyfies saam om sy stories toe te lig. Geskiedenis is oudjoernalis Albé Grobbelaar se kos. RSG-luisteraars  ken reeds Historiese almanak: Onthou jy nog? en kan lekker kom saamgesels. Op versoek van Mpumalanga Erfenis word Carel van der Merwe se boek Kansvatter oor die eksentrieke Ben Viljoen se vreemde lewensverloop weer in die kollig geplaas in ’n gesprek tussen Van der Merwe en Marius Bakkes.

Sally Andrew is Saterdagoggend om 10:00 eerste aan die beurt om meer te verklap oor tannie Maria se nuutste speuravontuur, en ook oor hoe dié minlike karakter tot ’n internasionale film gelei het.

Debbie Loots (Die vrou met nege lewens) en Carel van der Merwe (Die Serwiër) gesels albei met Susan Booyens oor hul uiteenlopende boeke, terwyl Jean Cooper (Waar die teerpad ophou) kom vertel oor sy lang motorfietsreis deur Afrika … en na binne.

Dit is “Vatso!” wanneer digters woord en wederwoord met mekaar deel in ’n gesprek oor en voorlesing van hul gedigte. Kom luister na die spitsvondige drietal:  Hertzogpryswenner Tom Dreyer (Brief op veertigduisend voet), Jennifer Pape (waar eens ’n see was) en Muller Minnaar (Die langste jaar ooit).

Ná al die luister en kuiers kan diegene wat die berglug wil geniet Sondagoggend om 10:00 saam met Annemarie van der Walt gaan stap. Om 15:30-17:00 bied Mia en Hancu Louw van die Kaapschehoop Klein Camino ’n kort en kragtige fotografiekursus aan oor hoe om beter foto’s met jou selfoon te neem. ’n Goeie manier om die naweek in die goue ure af te sluit.

Kaartjies is binnekort te koop op TicketPro. Andersins by die deur (slegs kaarttransaksies).

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-80-21-Aug-2026-1.pdf

 

Gewilde Nuus

Boek 3

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Boer tot bord

Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere

Meisies en seuns kuberafknouery

Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Tshwane-logo

Koalisies in al die metro’s verwag

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Times of Eswatini
Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand
Fotokrediet: BBC
Wares verskyn vandag in Wynberg
Boek 3
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026
Boer tot bord
Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere
Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery

Luister nou