Luister nou

Die Patriot 150: Jy mag aan jou eie kant wees

Deur Pretoria FM Nuusspan

James Kemp

Terwyl ons die afgelope week die 150ste herdenking van die stigting van die eerste Afrikaanse koerant herdenk het, vier Nuusweek ook dié maand sy eerste verjaarsdag. Die totstandkoming van Die Patriot op 15 Januarie 1876 was ’n direkte gevolg van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus die vorige jaar. Die Patriot was aanvanklik ’n maandelikse publikasie voor dit twee jaar later weekliks uitgegee is.

Volgens ’n plasing op Solidariteit se platforms die afgelope week het Die Patriot met ’n skamele 50 intekenare weggespring omdat dit sterk veroordeel is dat Afrikaans as ’n skryftaal bevorder is.

Afrikaans was in daardie tyd nog nie gestandaardiseer nie, daar was geen spelreëls of woordeboeke nie, en dit het geen aansien gehad nie. Dit is trouens as ’n kombuistaal beskou, en as ’n afgewaterde en “verkeerde” vorm van Nederlands.

Teen die derde jaar het die aantal intekenare weens die ondersteuning van die lesers in die Transvaal tot 3 000 gestyg.

Met Nuusweek se geboorte ’n jaar gelede het ons die vrugte gepluk van die werk wat die afgelope eeu en ’n half deur die medialeiers voor ons verrig is. Die fondasie vir Afrikaanse nuusplatforms was reeds daar en ons kon bloot voortgaan om te voorsien in die behoefte van derduisende Afrikaanse lesers.

Die debat oor Afrikaans as ’n skryftaal was reeds afgehandel en ons het vrugbare grond tot ons beskikking gehad waarin ons die jong boompie kon plant.

Terwyl ons die week terugkyk na die totstandkoming van Die Patriot 150 jaar gelede, is dit net so belangrik om dié publikasie as voorbeeld te gebruik vir wat gedoen moet as wat nie gedoen moet word nie. Die Patriot het baie van sy lesers in 1892 verloor nadat dié publikasie Cecil Rhodes in sy konflik met Paul Kruger, die toenmalige president van ZAR, ondersteun het. Dit is te verstane as ’n mens in gedagte hou dat die stygende leserstal grootliks toe te skryf was aan die ondersteuning wat dié publikasie van sy noordelike lesers geniet het. Die Afrikaanse Patriot het sy deure in 1904 gesluit en is later deur die Paarl Post opgevolg.

Die voormalige redakteur van Beeld, Barnard Beukman, skryf juis in sy boek Die (vreemde) einde van ’n koerant dat die einde van gedrukte publikasies soos Beeld, Volksblad en Rapport, toegeskryf kan word aan besluite wat namens redaksielede en lesers in die noorde van die land deur mense in raadsale in die skadu van Tafelberg geneem is.

’n Koerant se mandaat word nie aan hom verleen deur diegene wat die begroting saamstel of die redaksie nie. ’n Publikasie se mandaat word van sy lesers verkry. En dit is alleenlik met daardie mandaat dat hy die reg het om week na week, maand na maand en uiteindelik jaar na jaar te verskyn. Met hierdie uitgawe, ’n jaar na die eerste een, is ek dankbaar vir elke leser wat elke week die publikasie lees, die skakel aanstuur, kommentaar lewer en dit op sosialemediaplatforms deel. Ek wil elkeen van ons getroue lesers ook aanmoedig om ons verantwoordelik te hou en te laat weet as ons na julle mening nie meer daardie mandaat waardig is nie.

Met Nuusweek se totstandkoming het ons besef dat dié e-publikasie slegs sal oorleef as dit ons lesers se waardes onderskryf, en ons berig oor kwessies wat vir julle belangrik is.

As ons dit die dag nie meer doen nie sal ons nie, net soos Die Patriot van ouds, lesers verloor nie maar ook ons bestaansreg.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou