Luister nou

Die Comrades-Marathon bring “ja” en “nee” antwoorde

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Comrades-Marathon sorg elke jaar vir interessante en onvergeetelike oomblike, en 2025 het nie teleurgestel nie.

‘n Video van ‘n atleet, wat sy vriendin wou vra om te trou net toe die twee die wenstreep oorgesteek het, het nie volgens plan verloop nie.

Die oomblik is op TV se SuperSport-kanaal vasgevang waarna dit deur rofhiwaroro3 op TikTok geplaas is. Die video is meer as 120 000 keer gekyk.

Die atleet van die Fitness From Africa Running Club in Johannesburg het na die wedloop op sy knie gegaan en sy meisie die “ja-woord” gevra. Dit was egter duidelik dat sy baie ongemaklik was, waarna sy in sy oor gefluister het om dit asseblief nie op televisie te doen nie.

Toe die aanbieder by haar wou weet of sy ja gesê het, het sy die mikrofoon weggestoot. Beide atlete het ‘n groen nommer op hulle hardloopfrokkies, wat beteken dat elkeen al meer as 10 Comrades-Marathon wedlope voltooi het.

Die vrou se nommer wys ook dat sy ouer as 50 is, terwyl hy ouer as 65 is.

@rofhiwaroro3

#comradesmarathon2025 #running #fyp #proposal

♬ original sound – Rofhiwa

Daar was darem nie net “nee-antwoorde” nie. ‘n Ander atleet het vir ‘n oomblik sy wedloop onderbreek om sy meisie langs die kantlyn te vra om te trou. Sy het egter ja gesê voordat hy weer die pad na die eindstreep aangedurf het.

@nikitafortmann02

another day celebrating strangers 🥹🥹❤️❤️ #comradesmarathon #tiktoksa #proposal

♬ Ordinary (Wedding Version) – Alex Warren

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan

Luister nou