Die DA-LP en minister van openbare werke, Dean Macpherson het bewerings dat die party se leier, John Steenhuisen, uit die party se leierskapstryd verwyder is, verwerp.
Steenhuisen het aangekondig dat hy nie weer as leier vir die party sal staan nie en eerder op sy ministeriële werk sal fokus.
Macpheson sê Steenhuisen kan geprys word vir sy besluit om uit te tree, ten spyte daarvan dat hy die leierskapswedloop sou wen.
Hy het gisteraand by die Kaapstad Persklub gepraat en volgehou dat Steenhuisen se besluit uit sy eie geneem het en nie weens enige druk uit enige sektor opgetree het nie.