Luister nou

DA besoek laerskool oor kapasiteit ná “gewelddadige” betoging

Deur Pretoria FM Nuusspan

28 Januarie 2025

Lede van die DA was vanoggend met ‘n oorsigbesoek by die Laerskool Danie Malan in die noorde van Pretoria, waar ontevrede ouers, en gemeenskapslede gister die hekke gesluit, en bande aan die brand gesteek het.

Die laerskool Maandagoggend.

Ouers eis dat hulle kinders in die skool geplaas word, en vra ondermeer dat engelse klasse aangebou word om hulle kinders te akkommodeer.

Die skool het egter in ‘n verklaring benadruk dat die skool vol is, en fisies geen plek het om nog kinders in te neem nie. Videos is gister op sosiale media geplaas waarin gesien kan word hoe bande buite die skool brand.

Volgens die skool is die hekke reeds om 05:00 Maandagoggend deur onbekende persone gesluit, waarna ouers in kennis gestel is om nie skool toe te kom nie.

Die DA se kiesafdelingshoof in die noorde van Pretoria, Bronwyn Engelbrecht, die DA se wyk 2-raadslid. Quentin Meyer, en die party se skadu-LUR vir onderwys in Gauteng, Sergio Isa Dos Santos het tydens Pretoria FM se besoek aan die skool met die skoolhoof vergader om te verstaan wat gister by die skool gebeur het.

Volgens Engelbrecht is Laerskool Danie Malan ‘n dubbel-medium skool, maar is dit die enigste skool in die gebied wat grootliks Afrikaans is. Sy het die geweld buite die skool ten sterkste veroordeel.

Te midde van die DA se besoek aan die skool het ‘n lid van die EFF se onderwys-lessenaar, Prince Shabungu saam met talle ouers by die skool opgedaag. Volgens hom het baie skole vraghouers ingespan om bykomende klasse te bied.

Shabungu hou egter vol dat hy nie gaan toelaat dat die kinders, wat nog nie plek in skole het nie, skool gaan in ‘n vraghouer nie. Volgens hom resprekteer die EFF Afrikaans in die skool, maar vra hulle vir bykomende, geboude klaskamers om meer kinders te kan in neem.

Hy meen ouers dring aan om hulle kinders in Laerskool Danie Malan te plaas weens die goeie, onder meer sportfasiliteite wat die skool bied.

‘n Ouma, van ‘n 8-jarige kind in graad 3 aan dié skool, Gerda Blom het buite die skool aan joernaliste gesê dat sy gevra is om haar kleinkind te kom haal omdat hy “nie lekker voel nie.” Volgens hom is hy bang weens die gebeure van gister.

Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Elzaan Wood het intussen benadruk dat kinders en personeel se veiligheid ‘n prioriteit is.

Sy sê bykomende veiligheid is vir die res van die week gereël. Volgens Wood is daar steeds plek by die North Park Primary School, oorkant Laerskool Danie Malan.

Daar was ‘n soortgelyke geval in 2023 by die skool.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Luister nou