Semenya vra vir donasies vir regskoste

Deur on

9 Februarie 2024

Die Olimpiese kampioen, Caster Semenya, het vandag gevra vir finansiële hulp vir haar regstryd teen die bepalings wat vereis dat vroue atlete met hoë testosteroon-vlakke medikasie gebruik. 

Die verhoor word in Mei vanjaar by die Europese Hof vir Menseregte aangehoor.

Semenya word geklassifiseer as iemand met verskille in seksuele ontwikkeling, maar is wetlik geklassifiseer as ‘n vrou. 

Sy weier om medikasie te neem om haar testosteroon-vlakke te verlaag nadat die baan en veld-atletiek bestuursliggaam van Wêreld Atletiek nuwe reëls in 2018 ingestel het en sy verbied is om in die 800 meter item deel te neem.

Semenya het ‘n goue medalje tydens die 2012 Olimpiese Spele in Londen en in 2016 in Rio gewen en het wêreld titels in 2009, 2011 en 2017 bekom. 


Current track

Title

Artist